Die Edge Hill is 'n bergpiek in die Witteberg in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die piek is 2 670 m hoog, en lê direk oos van Lundinsnek, die hoogste pas in die Oos-Kaap. Op die piek se noordehang ontspring die Magqadanyana-spruit, 'n sytak van die Telerivier en 'n voorloper van die Oranjerivier.

Sien ook Lys van bergpieke in Suid-Afrika

Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap