Sarel Antonie Strydom Hayward (5 Augustus 1924, Steytlerville – 2 Oktober 1999) was gedurende sy leeftyd 'n Suid-Afrikaanse politikus, en 'n lid van die regerende Nasionale Party, verteenwoordigend van Graaff-Reinet in die parlement (1969-1984).
Hy het lank in die kabinet van P.W. Botha gedien as adjunkminister van Landbou (1978-1980), Minister van Landbou en Visserye (1980-1982), Minister van Omgewingsake, Waterwese en Bosbou (1982-1984) en laastens as Minister van Landbou en Waterwese (1984-1986).
Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 1999 Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van landbou en grondsake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van waterwese