Jan Jonathan Serfontein (gebore 3 Februarie 1898 te Vegkop en oorlede in die distrik Philippolis, Oranje-Vrystaat, 17 Oktober 1967) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, lid van die regerende Nasionale Party en volksraadslid vir Edenburg (1932 – 1935), Boshof (1938 – 1948), Fauresmith (1948 – 1953) en Fauresmith-Boshof (1953 – 1966).
Serfontein was aanvanklik Minister van Pos- en Telegraafwese sowel as van Volkswelsyn in die kabinet van Hans Strijdom (1954 - 1958), en later Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap (1958 – 1961) en Minister van Volkswelsyn en Pensioene (1958 – 1966) in die Verwoerdregering.
Serfie Serfontein was ook leier van die Oranje-Vrystaatse Nasionale Party.
Kategorie:Geboortes in 1898 Kategorie:Sterftes in 1967