Die Aloe hlangapies is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is inheems aan KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Eswatini. Daar is een populasie in die suidooste van Mpumalanga, die noorde van KwaZulu-Natal en suidwes Eswatini. Die plant het 40% van sy habitat verloor weens die aanplant van plantasies en landbou aktiwiteite. Die bestaande habitat word bedreig deur lanbou en indringerplante soos die swartwattel (Acacia mearnsii).

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

hlangapies Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika