Erica richardii is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom by Klaarstroom in die Groot-Swartberg voor. Hier is daar een populasie van slegs 25 plante, daar word vermoed dat daar nog onontdekte subpopulasies is. Die habitat word nie bedreig nie en die plant word as seldsaam beskou.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
richardii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika