Stefanus III (IV) was die 94ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Weens die statusverandering van Pous Stefanus (II), was Stefanus III vanaf die begin van die 13de eeu tot 1961 bekend as Stefanus IV en was hy die 95ste pous. Sien Lys van pouse (die onderafdeling: Die spesiale geval van Pous Stefanus (II)) vir volle besonderhede.
Biografie Pous Stefanus III (IV) is gebore in Sisilië die seun van Olivus. Op 7 Augustus 767 volg hy Pous Paulus I op en regeer tot sy dood op 24 Januarie 772. Hy word opgevolg deur Pous Adrianus I. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'gekroonde'.
Pontifikaat Pous Stefanus III is as pous gekies na die kort pontifikaat (wat met geweld afgedwing is) van Teenpous Constantinus II en die een dag van die bewind van Teenpous Filippus. Stefanus was 'n harde man waarvan verwag is dat hy met Constantinus sou afreken. In April 769 belê hy 'n sinode waarop Constantinus tot lewenslange boetedoening in 'n klooster veroordeel word. Ook is daar besluit dat die pous voortaan slegs deur kardinale gekies word, sonder inmenging van buite. Die besluit was veral gemik teen wêreldlike maghebbers, met die doel om misstande soos met die verkiesings van Constantinus en Filippus te voorkom. Die onafhanklikheid van die pous ten opsigte van konings en ander maghebbers is daardeur vergroot. Dit het egter nog eeue geduur voordat die besluit ook de facto geïmplementeer is.
Later in 769 het die Lombardiese koning Desiderius Constantinus laat vermoor, waarskynlik op aandrang van Stefanus.
Stefanus was tydens sy bewind nou betrokke by die magstryd tussen Karloman I en Karel die Grote.
Bibliografie Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 720 Stefanus III (IV) Kategorie:Sterftes in 772