Die Sepang Internasionale Renbaan is geleë langs die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe en 20 km buite die stedelike gebied van Kuala Lumpur in Maleisië.

Uitleg en fisiese uitdagings Die baan bied 'n groot fisiese uitdaging omdat dit vele hoëspoeddele en ook skerp draaie insluit. Die gebied word ook gekenmerk deur warm en bedompige weersomstandighede wat baie onvoorspelbaar is en dus vinnig kan verander.

Geskiedenis Die baan is deur die Duitse argitek, Hermann Tilke, ontwerp. Konstruksie het vroeg in 1998 begin en is in September 1999 voltooi, betyds vir die eerste Formule Een Maleisiese Grand Prix, wat deur Eddie Irvine in 'n Ferrari gewen is.

Die finale Formule Een-motorwedren was op 1 Oktober 2017.

Die Grand Prix Motorfietskampioenskap word elke jaar sedert 2000 hier gehou.

Kategorie:Maleisiese Grand Prix Kategorie:Geboue en strukture in Maleisië Kategorie:Sport in Maleisië Kategorie:Renbane