Die R523 is 'n streeksroete wat die N1-nasionale pad met Vivo verbind. Die roete begin waar dit aftak van die N1 suid van Masekwaspoort en wes gaan. Dit gaan verby Waterpoort en eindig waar dit aansluit by die R521-streeksroete, 6 km noord van Vivo.
Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika
Bron Dept. Transport