Joseph Job McGluwa (gebore 23 Augustus 1963) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat van 2015 tot 2020 die leier van die Demokratiese Alliansie in die Noordwesprovinsie was. Stolley, Giordano. DA elects new leadership in North West , News24, Durban, 30 Mei 2015. Besoek op 9 Februarie 2021. Hy dien sedert 16 Augustus 2018 as lid van die Nasionale Vergadering. McGluwa was voorheen, van 2009 tot 2015, ook 'n parlementslid, maar van 2015 tot 2018 'n lid van die Noordwes provinsiale wetgewer. Joe McGluwa sworn in as NW MPL, Independent Online, 13 November 2015. Besoek op 9 Februarie 2021.

Voordat hy 'n lid van die Demokratiese Alliansie geword het, was hy 'n lid van die nou ontbinde Onafhanklike Demokrate. Hy het by die Demokratiese Alliansie aangesluit toe die Onafhanklike Demokrate met die party saamgesmelt het. Hy was die DA se Noordwes-premierskandidaat vir die 2019-verkiesing. Sithole and McGluwa to lead DA campaign for change in Mpumalanga and North West. Besoek op 9 Februarie 2021.

Vroeë lewe en opvoeding McGluwa is as een van vyf kinders gebore en het in Alabama, Klerksdorp, grootgeword. Hy matrikuleer aan die Alabama Senior Secondary School en studeer verder aan die Universiteit van Suid-Afrika en behaal 'n sertifikaat in regeringsbestuur en openbare leierskap. McGluwa verwerf 'n gevorderde sertifikaat in openbare administrasie en leierskap aan die Universiteit van die Witwatersrand, asook 'n nagraadse diploma in bestuur. Joe McGluwa DA North West Premier Candidate . Besoek op 9 Februarie 2021.

Politieke loopbaan Op 24-jarige ouderdom is McGluwa verkies as 'n raadslid van die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit. Joe McGluwa. Besoek op 9 Februarie 2021. Hy was 'n lid van die Onafhanklike Demokrate sedert die stigting van die party en het as die nasionale organiseerder van die party gedien.

In 2009 is McGluwa verkies tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. In 2010 het die Onafhanklike Demokrate hul samesmelting met die Demokratiese Alliansie aangekondig. McGluwa het daarna dubbele partylidmaatskap gehou. Hy is in 2012 deur die parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie, Lindiwe Mazibuko, as skaduminister in die presidensie benoem. In 2012 word hy ook aangestel as parlementêre leier van die Onafhanklike Demokrate. The DA's new shadow cabinet - Lindiwe Mazibuko. 1 Februarie 2012. Besoek op 9 Februarie 2021. DA announces new 'shadow cabinet' . Besoek op 9 Februarie 2021. Na die 2014-verkiesing word hy 'n volle lid van die Demokratiese Alliansie. Op 5 Junie 2014 is hy aangestel as die skaduminister van Staatsdiens en -administrasie.DA announces new shadow ministry. 5 Junie 2014.

Hy het in November 2015 as lid van die Nasionale Vergadering bedank en is daarna as lid van die Noordwes provinsiale wetgewer beëdig. North West Legislature welcomes Sello Lehare and Joe McGluwa to Legislature. Besoek op 9 Februarie 2021. In Augustus 2018 bedank McGluwa as lid van die provinsiale wetgewer en keer terug na die Nasionale Vergadering. Hy is op 16 Augustus 2018 beëdig.

Op 5 Desember 2020 word McGluwa aangestel as skadu-adjunkminister in die presidensie in die nuwe skadukabinet van John Steenhuisen.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie