Die R719 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat Bultfontein met die R30 tussen Bothaville en Odendaalsrus verbind. Die roete begin waar dit van die R710 aftak net noord van Bultfontein. Die roete gaan nou noordoos, kruis die Vetrivier, gaan deur Wesselsbron waar dit die R34 kruis. Die R505 tak ook van die R719 af hier. Die R719 gaan noordoos tot waar dit aansluit en eindig by die R30, tussen Bothaville en Odendaalsrus.

Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika

Bron Dept. Transport

Kategorie:Streeksroetes in die Vrystaat