Dr. Michiel Coenraad Botha (noemnaam M. C. Botha, gebore 14 Desember 1912 in Lindley in die Oranje-Vrystaat, Unie van Suid-Afrika, en oorlede op 10 Julie 1993 in Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, lid van die Nasionale Party vir Roodepoort-kiesafdeling (1953-1977), adjunkminister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling (1960-1966) in die kabinet van Hendrik Verwoerd en minister van (1966-1977), asook Bantoe-onderwys in die regering van John Vorster.

Lewensloop M.C. Botha was 'n boerseun van die Oranje-Vrystaat, en studeer na matriek aan die Universiteit Stellenbosch (1930). Hy behaal 'n nagraadse onderwysdiploma aan die Universiteit van Pretoria (1934). Hy het Afrikaans as vak studeer van 1935 tot 1937 in Transvaal voordat hy van 1937 tot 1943 'n dosent in Afrikaans geword het aan die Pretoriase Tegniese Kollege. Hy word sekretaris van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) en redakteur van die tydskrif Die Taalgenoot.

Hy word tot die parlement verkies in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1953. Hy was 'n lid van die regerende Nasionale Party en word in 1960 in die Verwoerd-regering as adjunkminister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling aangestel voordat hy in April 1966 tot minister bevorder word. Hy was 11 jaar lank in die ministerspos.

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 1993 Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van onderwys Kategorie:Politici van die Nasionale Party