Die nasionale vlag van Bulgarye (Bulgaars: Национално знаме на България, Natsionalno zname na Balgarija) is op 27 November 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n ewe breë horisontale driekleur in wit, groen en rooi. Die kleure verteenwoordig vryheid en vrede (wit), Bulgarye se vrugbaarheid en natuur (groen) en die bloed wat vir die land se vryheid vergiet is (rooi). Die vlag is aanvanklik aanvaar ná die Russies-Turkse Oorlog toe Bulgarye onafhanklikheid van die Ottomaanse Ryk verkry het. Die nasionale vlag en embleem is telkemale verander, veral gedurende die kommunistiese era, toe die wapen telkens verander is. Die huidige vlag is in 1990 hervestig met die grondwet van Bulgarye en in 1998 deur ’n wet bekragtig.

Geskiedenis Eerste Bulgaarse Ryk In 866 het Pous Nicolaas I prins Boris I van Bulgarye, wat sy volk kort tevore gekersten het, geadviseer om weg te beweeg van die gebruik van ’n perdestert (tugh) as banier en om die Heilige Kruis in plaas daarvan te gebruik.

Latere weergawes van die kronieke van Johannes Skylitzes en Konstantin Manasses het die leër van die Khan Kroem uitgebeeld as dat hulle vlae in rooi of met ’n swart fraiing gebruik. Die leër van Simeon I van Bulgarye word ook uitgebeeld met die gebruik van rooi baniere in verskillende vorme. Die kroniek van Radziwiłł (Königsberg) beeld ook Tsaar Simeon I se leër uit onder ’n rooi vlag in hul veldtog teen Bisantium in 921–922, maar die uitbeelding van die Hongaarse inval van 894 toon die Bulgaarse vesting Drastar onder ’n wit vlag met ’n sekelmaan en sespuntige ster. Enige geïllustreerde weergawes van vlae in bogenoemde manuskripte, ongeag die faksie of die tyd wat aangedui word, stem sterk ooreen met die algehele styl van illustrasies wat in elke manuskrip gebruik is. Voorts dateer geen van die manuskripte uit die tyd van die Eerste Bulgaarse Ryk nie. Die historisiteit van daardie vlae is dus onmoontlik om te bevestig.

Tweede Bulgaarse Ryk duimnael|links|Guillem Soler-kaart, ca. 1380, in die Franse Nasionale Biblioteek duimnael|links|Kaart deur die Pizzigani-broers, ca. 1367 Voorstellings van Bulgaarse vlae kan op verskeie portolane uit die 14de en 15de eeu gesien word. Op sulke kaarte het die vlae gewoonlik ’n wit of goue agtergrond en beeld dit óf die insinje van die regerende Huis van Sjisjman óf onbekende simbole in rooi uit. Daardie sketse is aanmerklik meer divers as die vlae van die buurlande soos die Oos-Romeinse Ryk, die Goue Horde of die Keiserryk Serwië, wat in dieselfde kaarte oorwegend eenders is.

Ottomaanse Bulgarye Van die 14de tot die 19de eeu, tydens die Ottomaanse bewind, het rowers (“haidoeke”) en militêre bevelvoerders (“woiwodes”) van Ottomaanse Bulgarye gereeld groen vlae gehys, versier met ’n goue leeu wat met verskeie inskripsies soos “Vryheid of Dood” uitgebeeld is.

Moderne Bulgaarse state Die eerste vlag wat die kleure groen, wit en rooi in ’n horisontale rangskikking gebruik het, is tussen 1861 en 1862 deur die twee Bulgaarse legioene onder Georgi Rakowski in Belgrado gebruik. Later het Filip Totju se gewapende bende, die “cheta”, ’n vlag met die drie kleure rooi, wit en groen gebruik. Die groen, wit en rooi driekleur was ook die vlag van die Bulgaarse Rewolusionêre Sentrale Komitee in Boekarest. Rakowski se rangskikking is waarskynlik beïnvloed deur sy vriend, Dimitar Tsenowic, wie se dogter, Ljubisa, die komitee se twee vlae genaai het. Dieselfde vlag is deur die Russies-Bulgaarse Vrywilligerskorps tydens die Serwo-Turkse Oorlog in 1876 gebruik. Die vlag van die Trojan-plaaslike komitee binne die Rewolusionêre Interne Organisasie van 1875 was egter rooi, groen en wit.

In 1877 het die “Deugsame Bataljon” (Добродетелна дружина) in Walachye die naai van vlae vir elkeen van die bataljons van die Bulgaarse burgermag beveel met ’n horisontale rangskikking van wit, groen en rooi soortgelyk aan vandag se vlag. Hierdie vlae is egter nie in gevegte gebruik nie, aangesien hulle nie deur die Russiese owerhede aan die burgermag oorhandig is nie, maar wel in die Bulgaarse Zemstwo-leër wat in 1878 gestig is. Terselfdertyd is die Samara-vlag, die hoofvlag van die Bulgaarse Vrywilligers, in die oorlog gebruik; dit is deur die stad Samara geskenk en toon die drie Pan-Slawiese kleure rooi, wit en blou.

Onder die vroegste vlae met die drie huidige Bulgaarse kleure was dié van die Stara Zagora-opstand in September 1875 en die Wratsa-komitee in 1876. Die vlag wat deur Stiliana Parasjkewowa, die dogter van Iwan Paraskewof, ontwerp is, het die keuse van die Bulgaarse nasionale vlag aansienlik beïnvloed. In die Roemeense stad Brăila is dit aan Bulgaarse vrywilligers oorhandig wat in die Russies-Turkse Oorlog geveg het – die tweede bekende vrywilligersvlag ná die Samara-vlag. Dié ontwerp toon ’n vierkant versier met ’n leeu en die opskrif БЪЛГАРИЯ (“Bulgarye”) in die middel. Op 8 Mei is dit in Ploiești aan Groothertog Nikolai Nikolaewitsj oorhandig vir die Bulgaarse vrywilligers wat in die Russies-Turkse Oorlog geveg het. Die vlag is nie deur die Groothertog of die Russiese owerhede aan die Bulgaarse vrywilligers oorhandig nie en is nie in die oorlog gebruik nie. Dit is egter op 30 Augustus 1878 tydens ’n militêre parade in Plowdif ter geleentheid van die naamdag van die Russiese tsaar Aleksander II gehys. Die vlag was teenwoordig in die saal van die Konstituerende Vergadering in Weliko Tarnowo toe daar oor die Tarnowo-grondwet gestem is. Hierdie vlag is nou deel van die versameling vlae by die Nasionale Museum van Militêre Geskiedenis in Sofia.

Ná die vir die Ottomaanse Ryk rampspoedige verloop van die Russies-Turkse Oorlog het die Russiese Ryk die Vrede van San Stefano opgelê, waarmee die Ottomaanse Bulgarye ’n outonome Prinsdom geword het. Bulgarye het daarna vir ’n kort tyd ’n wit-blou-rooi-vlag na die voorbeeld van die vlag van Rusland gebruik. Die blou baan is kort ná onafhanklikwording in 1878 vervang met ’n groen baan wat landbou verteenwoordig.

Die veral deur Bulgare bewoonde Oos-Roemelië het met die ondertekening van die Verdrag van Berlyn in 1878 (wat die nuutgestigte Bulgarye aansienlik verklein het) ’n outonome provinsie binne die Ottomaanse Ryk geword. In 1885 is die Prins van Bulgarye ná ’n rewolusie tot goewerneur van Oos-Roemelië benoem, terwyl dié gebied amptelik onder Ottomaanse beheer gebly het. Oos-Roemelië het ’n rooi-wit-blou vlag gebruik (die Pan-Slawiese kleure) wat identies was aan die Nederlandse vlag. Op 6 September 1908 is Bulgarye en Oos-Roemelië in ’n onafhanklike koninkryk verenig.

In die Tarnowo-grondwet van 1879 is die vlag soos volg beskryf:

Ná die stigting van die Volksrepubliek Bulgarye in 1946 is met die nuwe Dimitrof-grondwet van 1947 die vlag verander: die kleure en hul rangskikking het onveranderd gebly, maar die nuwe nasionale wapen is in die skildhoek geplaas (slegs in die wit baan). Die nuwe wapen het ’n leeu in ’n koringkrans onder ’n rooi ster en bo ’n lint waarop die datum 9.IХ.1944 (9 September 1944), die dag van die Bulgaarse staatsgreep van 1944 waartydens die monargie afgeskaf en wat gelei het tot die totstandkoming van die Bulgaarse Volksrepubliek, vertoon. In 1971 is die wapen (en daarmee die vlag) effens verander met die lint wat in twee gedeel is om die jare 681 (die jaar waarin die Eerste Bulgaarse Ryk deur Asparoech gestig is) en 1944 daarop te vertoon.

Ná die val van kommunisme in 1990 is die sogenaamde Zjifkof-grondwet gewysig sodat die vlag van voor die kommunistiese tyd weer ingestel kon word. Die nuwe Bulgaarse grondwet wat in 1991 aanvaar is, beskryf die vlag soos volg:

’n Gewilde weergawe van die vlag wat geen amptelike status geniet nie, is ook algemeen bekend. Daarop is die volle wapenskild in die vlag se skildhoek oor die wit en groen bane.

Vorige vlae Tweede Bulgaarse Ryk

Moderne Bulgaarse state

Vlagwet duimnael|Die vlae van die NAVO, Bulgarye en die Europese Unie langs mekaar voor die Militêre Klub van Plowdif Die Wet op die Staatseël en Nasionale Vlag van die Republiek Bulgarye wat op 24 April 1998 gepromulgeer is, stel die volgende:

Die Wet op die Staatseël en Nasionale Vlag van die Republiek Bulgarye bepaal na die kleure ook die vorm en afmetings van die nasionale vlag van Bulgarye: Vorm – reghoekig met ’n breedte-lengte-verhouding van 3:5. Wanneer die vlag vertikaal gehys of aan ’n dwarsbalk vasgemaak word mag die maksimum lengte vyf breedtes wees. Afmetings – 18 × 30 cm, 24 × 40 cm, 90 × 150 cm, 129 × 215 cm.

Ontwerp Die Bulgaarse vlag het die volgende tegniese ontwerp:

350px|senter|Konstruksietekening

Kleure duimnael|’n Wapperende vlag van Bulgarye Aanhangsel 2 tot die Wet oor die Staatseël en Nasionale Vlag van die Republiek Bulgarye bepaal die kleure wanneer die vlag op papier of tekstiele gedruk word.

Dié wet bepaal nie watter kleurwaardes vir digitale weergawes van die vlag gebruik sal word nie. Die webwerf van die Bulgaarse staatsdiens beveel benaderde kleure aan (let daarop dat die desimale RGB-waardes teenstrydig is met die heksadesimale “webveilige”-waardes).

Die kleure van die nasionale vlag is wit, groen en rooi. Volgens die Standaardiserings- en Metrologiekomitee is die vlag se kleure soos volg bepaal:

40pxKleurskemaWitGroen (digital)Rooi (digital)Groen (tekstiel)Rooi (tekstiel) Pantone Witheid groter as 80% Nie beskikbaar nie Nie beskikbaar nie 17-5936 TCX 18-1664 TCX Pantone Witheid groter as 80% 347 U 032 U Nie beskikbaar nie Nie beskikbaar nie RGB Rooi = 255Groen = 255Blou = 255Heksadesimaal = #FFFFFF Rooi = 0Groen = 153Blou = 0Heksadesimaal = #009900 Rooi = 204Groen = 0Blou = 0Heksadesimaal = #CC0000 Rooi = 0Groen = 150Blou = 110Heksadesimaal = #00966E Rooi = 214Groen = 38Blou = 18Heksadesimaal = #D62612 CMYK Siaan = 0%Magenta = 0%Geel = 0%Swart = 0% Siaan = 100%Magenta = 0%Geel = 100%Swart = 0% Siaan = 0%Magenta = 100%Geel = 100%Swart = 0% Siaan = 100%Magenta = 0%Geel = 26.67%Swart = 41.18% Siaan = 0%Magenta = 82.24%Geel = 91.59%Swart = 16.18%

Vlagprotokol duimnael|Vlae by die Bulgaarse Nasionale Vergadering in Sofia duimnael|Die vlae van Bulgarye en die Europese Unie by die Bulgaarse president se kantoor Die nasionale vlag van die Republiek Bulgarye word permanent gehys by: Die Nasionale Vergadering van Bulgarye Die Presidensie (die kantoor van die Bulgaarse President) Departemente en ander staatsinstellings, streekstakke van departemente en distriksadministrasies Die Grondwetlike Hof van Bulgarye Die geregtelike owerhede Die Bulgaarse Nasionale Bank Die Bulgaarse Nasionale Televisie en die Bulgaarse Nasionale Radio Munisipaliteite, streke en stadsale, sowel as staats- en munisipale skole Grensposte en doeanepunte Hawens, treinstasies en lughawens Bulgaarse diplomatieke en konsulêre missies

Die nasionale vlag van die Republiek Bulgarye word tydelik gehys op die geboue waar sittings van die Nasionale Vergadering of vergaderings van munisipale rade, internasionale konferensies of vergaderings, nasionale of internasionale sport en ander kompetisies van nasionale belang gehou word.

Die nasionale vlag van die Republiek Bulgarye word aan die voorkant regs van voertuie en op die voorste mas van vaartuie geplaas wanneer die President van die Republiek, die Adjunkpresident, die Speaker van die Nasionale Vergadering of die Eerste Minister teenwoordig is.

Die nasionale vlag van die Republiek Bulgarye word by die eenhede van die Bulgaarse Weermag en op die skepe van die Vloot gehys volgens die militêre regulasies.

Militêre vlae