Wervik (Frans: Wervicq, Pikardies: Wervi) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die suide van die Vlaamse provinsie Wes-Vlaandere. Die munisipaliteit grens in die suidweste aan die Waalse provinsie Hainaut en in die suide aan die Leie-rivier, wat hier die grens vorm met die Franse gewes Nord-Pas-de-Calais. Aan die suidoewer lê die Franse stad Wervicq-Sud. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van 44 km² en sowat 18 000 inwoners (2010).

Geboortes Yves Leterme (1960), politikus (Eerste Minister van België)

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Wes-Vlaandere Kategorie:Nedersettings in Wes-Vlaandere Kategorie:Stede in Vlaandere