duimnael|Logo van die Nordiese Raad duimnael|Die hoofkantoor van die Nordiese Raad in Kopenhagen, Denemarke.
Die Nordiese Raad en die Nordiese Raad van Ministers is 'n samewerkingsforum vir die parlemente en regerings van die Nordiese lande. Dit is na die Tweede Wêreldoorlog gevestig en die eerste konkrete resultaat wat dit bereik het was die invoer van gemeenskaplike arbeidsmark, maatskaplike versekering en bewegingsvryheid sonder paspoorte vir burgers van die lande in 1952.
Die Nordiese Raad bestaan uit verkose lede wat die vyf lande en drie outonome gebiede waaruit dit bestaan verteenwoordig. Die lede van die raad is lede van die nasionale parlemente van die lidlande van die Raad wat deur hulle onderskeie politieke partye genomineer word. Daar is dus nie 'n prosedure vir die verkiesing tot die Nordiese raad nie. Die Nordiese Raad wat deur 'n Presidium gelei word hou sedert 1996 elke herfs 'n gewone sessie en spesiale sessies word van tyd tot tyd om spesifieke temas gehou. Die Raad en lede van die lidlande se regerings kom ook op jaarlikse grondslag byeen om samesprekings te hou. Voortdurende politieke werk word deur komitee en party groepe behartig. norden , About the Nordic Council , besoek op 29 Maart 2008
Lidlande duimnael|Lidlande van die Nordiese Raad duimnael|Die vlae van die lidlande Land Lidmaatskap Parlement Status van lidmaatskap Verteenwoordig sedert Lede Volledig Folketinget Onafhanklike land 1952 16 Volledig Eduskunta Onafhanklike land 1955 18 Volledig Storting Onafhanklike land 1952 20 Volledig Riksdag Onafhanklike land 1952 20 Volledig Alþingi Onafhanklike land 1952 7 Geassosieerd Lagting Outonome land in Finland 1970 2 Geassosieerd Løgting Outonome land in die Koninkryk van Denemarke 1970 2 Geassosieerd Landsting Outonome land in die Koninkryk van Denemarke 1984 2 Waarnemend Waarnemend Waarnemend
Die Nordiese raad werk ook met die Baltiese Raad wat 'n soortgelyke organisasie vir die Baltiese lande Estland, Letland, en Litaue is. Die doel van die Nordiese raad se samewerking met die Baltiese Raad is ter wille van demokratiese, sosio-ekonomiese en kulturele ontwikkeling in die Oosseegebied en Noord-Europa. Samewerking met die Baltiese Raad neem verskillende vorms aan insluitend gesamentlike werksgroepe, werksvergaderings en sedert 2006 'n jaarlikse spitsvergadering. norden , The Nordic Council and the Baltic Assembly , besoek op 29 Maart 2008
Die Nordiese Raad het inligtingskantore in al drie Baltiese lande asook in Rusland (in Sint Petersburg en Kaliningrad). Die Raad het ook spesifieke samewerkinsgprogramme met Duitsland en Pole.
Die Faroëreilande het te vore die wens uitgespreek om 'n volle lid eerder as assosiaat lid van die Raad te wees. The Broad Agreement - Faroese coalition paper en Call for meeting on full membership for the Faroe
Sekretaris-generaals Die Nordiese Raad is gestig op 12 Februarie 1953. rulers.org: Rulers - International organizations A-N Nordic Council
Jan-Erik Enestam (Finland) Augustus 2007 - hede Frida Nokken (Noorweë) September 1999 - Julie 2007 Berglind Ásgeirsdóttir (Ysland) Augustus 1996 - April 1999 Anders Wenström (Swede) September 1994 - Julie 1996 Jostein Osnes (Noorweë) Januarie 1990 - Augustus 1994 Gehard af Schultén (Finland) Februarie 1987 - Desember 1989 Ilkka-Christian Björklund (Finland) September 1982 - Januarie 1987 Gudmund Saxrud (Noorweë) Augustus 1977 - Augustus 1982 Helge Seip (Noorweë) Desember 1973 - Augustus 1977 Emil Vindsetmoe (Noorweë) Julie 1971 - Junie 1973
Sien ook Benelux
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike tuisblad (Deens, Engels, Fins, Noors, Sweeds, Yslands) Basic agreement (Deens, Engels, Fins, Noors, Sweeds, Yslands) Kantoor in Sint Petersburg Kantoor in Kaliningrad
Kategorie:Politiek van Denemarke Kategorie:Politiek van Estland Kategorie:Politiek van Finland Kategorie:Politiek van Letland Kategorie:Politiek van Litaue Kategorie:Politiek van Noorweë Kategorie:Politiek van Swede Kategorie:Politiek van Ysland Kategorie:Politiek van Europa Kategorie:Politiek van Noord-Amerika Kategorie:Åland Kategorie:Faroëreilande Kategorie:Groenland Kategorie:Internasionale organisasies