Morfologie is die studie van die vorm-betekenissisteem van gelede woorde (komplekse). Morfologie identifiseer, analiseer en beskryf die struktuur van 'n gegewe taal se morfeme en ander linguistiese eenhede, soos onafhanklike eenhede (of stamme), affikse, woordsoorte en ook die konteks van 'n woord.
Morfologie is 'n tak van die linguistiek wat die patrone van woordvorming binne en oor tale bestudeer en wat poog om reëls te formuleer volgens die geïdentifiseerde patrone van 'n taal. Die patrone wat in die taal voorkom is as gevolg van die sprekers se kollektiewe kennis en gebruik van die taal. Dit is byvoorbeeld vir 'n Afrikaanse spreker duidelik dat die woorde groot, groter, grootste, grote, grootte, grootbek ens. verwant is.
Afrikaanssprekers herken die verhouding oor die algemeen uit hulle onderliggende kennis van die reëls vir woordvorming in Afrikaans. Hulle kan byvoorbeeld intuïtief aanvoel dat groter teen groot staan soos kleiner teenoor klein staan; net so is groot verwant aan grootbek op dieselfde manier as wat klein verwant is aan kleinletter. Die reëls wat deur die spreker verstaan word manifesteer spesifieke patrone in die manier waarop woorde gevorm word uit kleiner eenhede en die verhouding tussen daardie kleiner eenhede.
Basisbegrippe Om morfologie te kan verstaan, is kennis van die volgende basisbegrippe noodsaaklik:
'n Woord Ongelede woorde (Simplekse) Gelede woorde (Komplekse) Sistematiek Sintagma Paradigma Motivering in morfologie Produktiwiteit Konstruksie Morfologiese konstruksies Konstruksieskema Kategoriseringsnetwerk
Drie algemene paradigmas in morfologieteorie Breedweg beskou, kan drie algemene paradigmas in morfologieteorie onderskei word, te wete:[Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde] Morfeem-gebaseerde morfologie (“Item-and-Arrangement” -benadering) Lekseem-gebaseerde morfologie (“Item-and-Process” -benadering) Woord-gebaseerde morfologie (“Word-and-Paradigm” -benadering)
Morfeem-gebaseerde morfologie Woordvorms is geanaliseer as reëlings van morfeme/ rangskikkings van morfeme.:en:Morphology (linguistics) ’n Morfeem is gedefinieer volgens die HAT(2005:734) as die kleinste taaleenheid van vorm-met-betekenis, met ander woorde die kleinste taleenheid met ’n vaste vorm en vaste betekenis. Nog ’n meerduideliker definisie deur Combrink: "'n Morfeem is die kleinste grammaties waardevolle bousel in 'n woord. Sommige morfeme het ook semantiese waarde, dit wil sê "beteken" iets, maar dit is nie 'n vereiste vir morfeem wees nie." In die “Item-and-Arrangement” teorie word ’n woord gebou deur die byvoeging van morfeme. Morfeme dra ’n duidelike betekenis aan tot die komplekse woord.[Lieber, R. Morphology and lexical Semantics: Cambridge Studies in Linguistics 104] By ’n woord soos ontwatering, is die morfeme ont-, water, en –ing. Water is die stam en die ander morfeme is affikse. In woorde soos kwaadaardig is kwaad die stam, en –aardig is ’n suffiksale morfeem. Die manier van woordvorms analiseer is genoem “item-and-arrangement”. Woorde word behandel asof hulle bestaan uit morfeme, geplaas agter mekaar (saamgevoeg) soos krale op ’n string. Morfeem-gebaseerde morfologie veronderstel drie basiese aksiomas: Baudoin verklaar in sy “enkele morfeem” hipotese dat stamme en affikse dieselfde status as morfeme het. Bloomfield se “teken basis” morfeem hipotese: As morfeme, is hulle dualistiese tekens, want hulle het beide (fonologiese) vorm en betekenis. Bloomfield verklaar in sy “leksikale morfeem” hipotese dat morfeme, affikse en stamme gelyk in die leksikon gestoor is. Morfeem-gebaseerde morfologie kom in twee weergawes voor, Bloomfield en Hockett het elkeen hulle eie weergawe. Vir Bloomfield, is die morfeem die minimale vorm met betekenis, maar het nie betekenis self nie. Vir Hockett is morfeme "betekenis elemente", nie "vorm elemente" nie.
Lekseem-gebaseerde Morfologie Lekseme word gedefinieer as 'n abstrakte taaleenheid onderliggend aan 'n aantal grammatikale variante, soos loop, geloop, lopery. HAT: handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005:660 In plaas daarvan om ’n woordvorm as 'n stel morfeme in volgorde te sien, kan 'n woordvorm die resultaat van die gebruik van reëls wees wat die woordvorm verander om ’n nuwe woord te skep.
Lekseem-gebaseerde morfologie maak gewoonlik van die item en proses teorie of aanname (Item and Process theory ) gebruik, wat behels dat daar gekyk word na die woordformasie wanneer daar nuwe reëls ontwikkel word. Elke nuwe reël wat bygevoeg word, verander of dra by tot die basis vorm van die woorde of morfeme.Morphology and Lexical Semantics Rochelle Lieber 2004
Daar is drie verskillende maniere waarop woorde verander kan word: ’n Verbuigingsreël verander die stam van die woord en produseer dan ’n nuwe woord in ’n woordformaat. Byvoorbeeld die meervoudvorm- hond na honde, deur die –e by te voeg. Die afleidingsreël behels dat daar afleidings van die stam van ’n woord gemaak word. Byvoorbeeld die stam huis kan met hierdie reël verander word na huislik deur die suffiks –lik by die stam te voeg, of verhuis, so word die reël toegepas deur die prefiks ver- by die stam te voeg. Die samestellingsreël verander die stam van ’n woord na ’n saamgestelde eenheid toe. Byvoorbeeld wanneer daar twee stamme, soos arm en band geneem word, is die samestelling van die woord armband, wat dus nou ’n saamgestelde woord is.http://www.frathwiki.com/Morphology
Woord-gebaseerde morfologie Morfologie is die subordinaat van linguistiek wat woord struktuur in sy eenvoudigste vorm bestudeer,terwyl woorde as die kleinste dog betekenisvolle linguistiese eenheid van sintaksis gesien kan word en selfstandig in ’n sin kan staan.http://www.frathwiki.com/Morphology#Word-based_morphology Morfologie kan ook gesien word as die leer van verbuigings- en vervoegingsvorme van 'n taal.HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005:734
Woord-gebaseerde morfologie betrek woorde op só ’n manier dat dit as die minimale betekenisvolle eenhede wat deel uitmaak van die grammatikale stelsel kan funksioneer..Journal of Linguistics James Blevins 2006 http://journals.cambridge.org/download.php?file=%2F8544_D34F92186D68A69D0D02BE53A1B88E7C_journals__LIN_LIN42_03_S0022226706004191a.pdf&cover=Y&code=6d8570e40ecd1d6f7005a5003ed21b36’n Morfologiese model kan geklassifiseer word as woord-gebaseerd indien dit woord vorme as basiese elemente van ’n spesifieke sisteem insluit.
Die woord- en paradigma benadering word nou met woord-gebaseerde morfologie geskakel. Hierdie teorie plaas paradigma’s as die sentrale idee of punt agter die term woord-gebaseerde morfologie. In plaas daarvan dat daar vasgestelde reëls vasgelê word waarvolgens morfeme gekombineer moet word in verskillende woordvorme, of om woordvorme van stamme te genereer kan woorde gekategoriseer word na aanleiding van die tipe patroon waarin hulle pas- dit het betrekking op bestaande sowel as nuwe woorde.
Kombinasieprosesse Carstens, W.A.M. & Bosman, N. 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. 1st ed. Pretoria: Van Schaik Uitgewers
Kombinasieprosesse behels dat komposisiestrukture gevorm word deur komponentstrukture op verskillende wyses met mekaar te kombineer (2014:190). Dit kom dus daarop neer dat nuwe woorde en konsepte gevorm word, deur die gebruik van sekere komponente soos affiksering, samestelling, vloekwoordinlywing en reduplikasie.
’n Afleiding vind plaas wanneer ’n hele nuwe woord gevorm word sonder die gebruik van enige affikse.
Affiksering is die mees algemene proses van kombinasie. Dit kan plaasvind deur komponente aan te las soos affikse, wat bestaan uit prefikse, suffikse en ambifikse. ’n Afleiding kan ook gevorm word, of ’n “flekteerde vorm” kan geskep word.
Fleksie word nie as ’n woordvormingsproses gesien nie, maar eerder as ’n proses waardeur verskillende grammatikale woordvorme geskep word. Dit word in die taksonomie ingesluit aangesien dit ook ’n komplekse komposisiestruktuur vorm. Onder fleksie vind ons dan ook ’n addisionele gespesialiseerde proses genaamd supplesie.
Supplesie is wanneer ’n woord wat glad nie verband hou met ’n ander as sy meervoud en vergelykende trap gebruik word. Voorbeeld soos uit Carstens en Bosman (2014:190) “goed, beter en beste.” Die woorde hou nie werklik met mekaar verband nie, maar dit word so gebruik. In sommige gevalle kan ’n afleiding ook as ’n supplesievorm gebruik word. Soos ’n inwoner van Madrid wat ’n Madrileen genoem word. (2014:190)
Vloekwoordinlywing is die proses waartydens ’n bisillabiese, adjektiewe vloekwoord tussen twee lettergrepe (gewoonlik voor die lettergreep wat die hoofklem dra) in ’n woord ingevoeg word, sonder inagneming van die morfologiese struktuur van die woord. bv. Fan-flippen-tasties. (2014:197)Dus word daar ’n vloekwoord binne ’n gewone woord gesit om ’n nuutskepping te maak, maar wat dan as ’n vloekwoord funksioneer.
’n Samestelling vind plaas wanneer twee stamme aan mekaar gebind word om ’n nuwe woord te vorm. Hierdie nuwe woord is dan ook kompleks omdat dit morfologies ontleedbaar is. ’n Voorbeeld is boom + wortel = boomwortel.(2014:192) Soms is daar twee afhanklike stamme wat moet verband. Soos biograaf. Dit beteken dat hierdie woorde op hulle eie nie kan funksioneer as ’n sinvolle woord nie.
Reduplisering is wanneer twee van dieselfde woorde langs mekaar gesit word en dan ’n nuwe betekenis het, soos die woord “lag” en “lag-lag”. Dit is een woord, maar as gevolg van reduplisering het ’n hele ander konteks daaruit bestaan. Daar word onderskei tussen egte reduplikasie soos die voorbeeld hierbo genoem. Dan is daar ook die eggowoordreduplikasie, waar die eerste woord naastenby soos die tweede een klink. Bv “woerts-warts” (2014:197)
Neweskikkende komposita 'n Neweskikkende kompositum is 'n endosentriese of eksosentriese kompositum waarvan beide komponente gelyk gestel word om na 'n enkele referent te verwys, en waarvan beide komponente die kern van die kompositum is.Van Huyssteen, G.B. 2014. Morfologie. (In Carstens, W.A.M., & Bosman,N. Komtemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik Uitgewers. p. 193)
Attribuutkomposita “In attribuutkomposita is daar ’n passing van die bepaler op ten minste een van die ensiklopediese eienskappe van die kern.”Van Huyssteen, G.B. 2014. Morfologie. (In Carstens, W.A.M., & Bosman,N. Komtemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik Uitgewers. p. 171-208) Dit beteken dat dit ’n bepaalde kwaliteit uitdruk en dus ’n adjektiwiese funksie het. Indien die bepaler dan ’n nomen is, dan druk die nomen ’n bepaalde kwaliteit uit eerder as om te dui op iets konkreets.
Apposisiekompositum Volgens Van Huyssteen Van Huyssteen, G.B. 2014. Morfologie. (In Carstens, W.A.M., & Bosman,N. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik Uitgewers. p. 194) is apposisiekomposita waar een komponent, die bepaler, ’n ander komponent, die kern, se kenmerke beskryf. Die beskrywing van ’n kenmerk vind plaas deur ’n apposisie wat optree as die eienskap.Van Huyssteen, G.B. 2014. Morfologie. (In Carstens, W.A.M., & Bosman,N. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik Uitgewers. p. 171-208) Daar word dus ’n kenmerk aan die kern gegee. ’n Voorbeeld van ’n apposisiekompositum is: gunsteling + boek. Gunsteling, wat die bepaler is, gee ’n kenmerk aan die kern. Die boek is dus ’n gunsteling.
Neoklassieke komposita Die woordvormingsproses, wat as kompositumvorming of afleiding beskou sou kon word, bestaan uit die kombinasie van 'n (gewoonlik) Griekse of Latynse woordelement met 'n ander element (affiks of stam). Hierdie Griekse of Latynse elemente funksioneer soos affikse, maar toon terselfdertyd eienskappe wat hulle van affikse onderskei. Die Oxford English Dictionary (OED) praat van sodanige elemente as "combining forms" (Bauer 1983: 213), terwyl HAT hulle as "woordelemente" insluit.Bauer, L. 1983. English Word-fonnation. Cambridge: Cambridge University Press.