Erica capillaris is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Stanford voorkom. Die plant was aanvanklik wydverspreid maar daar is tans net vier tot vyf gefragmenteerde populasies oor. Die plant se habitat word bedreig deur ontwikkeling, landbou aktiwiteite, indringerplante en veldbrande.

Infraspesies Die plant het twee infraspesies: Erica capillaris var. capillaris Erica capillaris var. poliotes Bolus

Sien ook Lys van Erica-spesies

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

capillaris Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika