Erica capitata is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor in die Kaapse Skiereiland en van Groot Hagelkraal tot by Mamre. Die plant het oor die jare 50% van sy habitat verloor as gevolg van ontwikkeling, landbou aktiwiteite en indringerplante maar is nog volop in die Skiereiland. Hier is 90% van die populasie tans nog beskerm maar verder word die habitat bedreig.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
capitata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika