Erica caprina is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Koue Bokkeveld noord van Ceres. Die plant se habitat gebied het met 30% afgeneem die afgelope drie generasies weens landbou bedrywighede. Die res van die gebied is nie geskik vir landbou nie maar word gedreig deur droogtes.

Sien ook Lys van Erica-spesies

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

caprina Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika