Die Sengwarivier, 'n sytak van van Zambezirivier, is 'n omaramba in Zimbabwe.

Oorsprong Die rivier ontspring op die Mafungabusi-plato, 30 km suidoos van Gokwe in die Midlands (provinsie), op 1 290 m bo seespieël. Dit is by 18° 25′ suid en 29° 4′ oos.

Loop Die rivier is ongeveer 300 km lank. Vir die eerste 100 km loop dit direk wes tot by Sengwabrug. Daar draai dit noord, verby Sengwa Gorge, deur die Chirisa-safarigebied, verby die dorpie Sengwa op die oosgrens van die Chizarira Nasionale Park en deur die Mapangola-heuwels. Net oos van die dorp Mujere loop die rivier op 490 m bo seevlak in die Sengwameer, 'n deel van die Karibadam.

In die suide vorm die rivier die grens tussen die provinsies Matabeleland-Noord (aan die westekant) en Midlands en verder noord tot by sy monding tussen Matabeleland-Noord en Masjonaland-Wes. Die rivier vloei teenswoordig slegs in uitsonderlike goeie reënjare. In die enkele standhoudende brakkerige poele wemel dit van die krokodille (Crocodylus niloticus).

Sytakke Die Sengwarivier het slegs twee beduidende sytakke, naamlik die Busirivier en die Lutoperivier. Beide sluit uit die suidweste aan. Die Sengwa se totale opvanggebied is naastenby 10 000 km².

Bibliografie researchgate.net Encyclopaedia of Southern Africa, deel 9. Kaapstad: Nasou, 1973.

Kategorie:Riviere in Zimbabwe