Erica brachialis is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Kaapse Skiereiland en ook van Rooiels tot by Hangklip voor. Daar is tans slegs 1 200 plante in ses subpopulasies. Die plant se habitat word bedreig deur kusontwikkeling, te veel veldbrande en indringerplante.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
brachialis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika