Appalachia () is 'n kulturele streek wat in die oostelike Verenigde State geleë is, en van die suide van New York Staat tot die noorde van Alabama en Georgia strek. Terwyl die Appalachiese Gebergte van Belle Isle in Kanada tot die Cheaha Gebergte in Alabama strek, verwys die kulturele streek van Appalachia tipies na die sentrale en suidelike gedeeltes van die gebergte, van die Blue Ridge-gebergtes van Virginië, suid-wes na die Great Smoky Mountains. Volgens die federale sensus van 2010 woon ongeveer 25 miljoen mense in die streek.
Die streek is sedert die laat 19de eeu, toe dit erken is as 'n eiesoortige streek met sy eie kulturele eienskappe, die bron van blywende mites en verdraaiings wat die isolasie, temperament, en gedrag van sy inwoners betref. Vroeë 20ste eeuse skrywers was dikwels betrokke by yellow journalism,Shirley Biagi, Media Impact: An Introduction to Mass Media (2011) bl. 56 "Yellow journalism" en die "yellow press" is Amerikaanse terme vir joernalistieke praktyke en koerante wat min of geen geloofwaardige, goed nagevorste nuus bied nie, maar eerder opspraakwekkende opskrifte gebruik vir verhoogde verkopesyfers. en het gefokus op sensasionalistiese aspekte van die streek se kultuur, soos byvoorbeeld die stook van mampoer ("moonshining") en plaaslike geskille. Dié skrywers het dikwels die streek se inwoners uitgebeeld as onopgevoed en geneig tot impulsiewe dade van geweld. Maatskaplike studies in die 1960's en 1970's het egter daartoe bygedra om hierdie geykte opvattings te weerlê.Abramson, Rudy. Introduction to Encyclopedia of Appalachia (Knoxville: University of Tennessee Press, 2006), pp. xix–xxv.
Alhoewel die Appalachia-streek oor oorvloedige natuurlike hulpbronne beskik, het dit lank gesukkel met armoede, en is dit ook met armoede geassosieer. In die vroeë 20ste eeu het groot hout- en steenkool firmas goedbetalende werksgeleenthede en moderne geriewe gebring, maar teen die 1960's was dit duidelik dat die streek nie daarin geslaag het om langtermyn vooruitgang te bewerkstellig en voordeel te trek uit hierdie twee industrieë nie. Aan die begin van die 1930's het die federale regering gepoog om armoede in die Appalachia-streek te verlig met 'n reeks inisiatiewe, soos die bou van damme om goedkoop elektrisiteit te verskaf en die implementering van verbeterde landboupraktyke. Op 9 Maart 1965 is die "Appalachian Regional Commission" geskep om armoede in die streek verder te verlig, hoofsaaklik deur diversivisering van die streek se ekonomie en deur die skep van beter opvoedkundige geleenthede. Teen 1990 was die streek ingeskakel by die hoofstroom-ekonomie, maar steeds agter die res van die land wat die meeste ekonomiese aanduiders betref.
Verwysings
Kategorie:Kultuur in die Verenigde State van Amerika