Skerryvore (afgelei van die Skots-Gaeliese Sgeir Mhòr wat "Groot Skeer" of "Eilandrots" beteken) is 'n afgeleë rif wat aan die weskus van Skotland, 19 kilometer suidwes van die eiland Tiree geleë is. Skerryvore is ook die naam van die vuurtoring op die skeer (eilandrots), wat met groot moeite tussen 1838 en 1844 deur Alan Stevenson gebou is."Skerryvore Lighthouse" Northern Lighthouse Board.
Teen 'n hoogte van 48 m is dit die hoogste vuurtoring in Skotland."Historical Information" Northern Lighthouse Board. Besoek op 17 Januarie 2008. Die kusstasie was by Hynish op Tiree (wat nou 'n museum huisves), maar is later verskuif na Erraid, wes van Mull. Die afgeleënheid van die terrein het beteken dat opsigters ekstra betaling in goedere ontvang het.Munro (1979) bl. 181-2. Die lig het ononderbroke sedert 1844 gebrand totdat 'n brand in 1954 vir vyf jaar bedryf in die wiele gery het. Die vuurtoring is in 1994 geoutomatiseer.Nicholson (1995) bl. 109 en 112.
Geologie In prehistoriese tye was die rotse wat Skerryvore vandag vorm deur ysplate bedek wat van Skotland tot in die Atlantiese Oseaan tot anderkant die Buite-Hebride gestrek het. Ná die laaste terugtrek van die ys ongeveer 20 000 jaar gelede was seevlakke tot 122 m laer as vandag.Pennington, W. (1969) History of British Vegetation. Hoewel die isostatiese oprys van die grond dit moeilik maak om postglasiale kuslyne te bepaal, was die rif ongeveer 14 000 jaar gelede waarskynlik by die suidwestelike punt van 'n groot eiland geleë. Dit het uit die moderne eilande Tiree en Coll en die omliggende grondgebied bestaan.Murray (1973) bl. 69.
Aanhoudende stygings in seevlakke sou dan stadigaan die Skerryvore-bank geïsoleer het en dit so te sê heeltemal oorstroom om 'n versperring van ontelbare metamorfiese oorblyfsels agter te laat wat 13 kilometer in 'n suidwestelike rigting strek. 'n Gedetailleerde opmeting wat in 1834 onderneem is het meer as 130 hoofrotse opgeteken, insluitend Bonn Sligheach (Boinshley) () en Bo Ruadh ().
Die rotse is glad verweer deur die inwerking van die golwe en word voortdurend deur sproei geaffekteer. Alan Stevenson het geskryf: "Die effek van die jet d'eau was met tye geweldig mooi, die water was naamlik so gebroke dat dit 'n sneeuwit en ondeursigtige pilaar, omring deur 'n fyn mis waarin op mooiweersdae reënboë waargeneem kon word, gevorm het".Stevenson, Alan (1848) Account of the Skerryvore Lighthouse, with notes on Lighthouse Illumination. Quoted in Nicholson (1995)
Skerryvore is 'n geïsoleerde buitepos van die Binne-Hebride-argipel wat bestaan uit Lewisiaanse gneis, wat in die Pre-kambrium neergelê is. Die rotse is dan ook van die heel oudste rotse in Europa.Nicholson (1995) bl. 105."Geopark" Knockan Crag National Nature Reserve. Besoek op 26 Januarie 2008. Benewens die gevaar van die rotse vlak onder die seeoppervlak verteenwoordig die magnetiese anomalie in die gebied 'n verdere gevaar.Baird, Bob (1995) Shipwrecks of the West of Scotland. Glasgow. Nekton. bl. 188.
Beplanning en konstruksie van die vuurtoring Opmeting duimnael|Skerryvore se vuurtoringWest Lothian Sub Aqua Club , Scotland 5 - 7 May, 2000 - MV Jane R: Skerryvore , Met toestemming op Common gelaai op 21 Maart 2008 Dit is bekend dat daar tussen 1790 en 1844 meer as dertig skepe in die gebied ondergegaan het. Robert Stevenson, hoofingenieur van die Northern Lighthouse Board (NLB) het in 1804 op die rif geland en verslag gedoen oor die noodsaaklikheid vir die oprig van 'n baken op Skerryvore. In 1814 het hy saam met Sir Walter Scott en 'n geselskap van NLB Kommissarisse die rif weer besoek.Nicholson (1995) bl. 98. Scott het geskryf: Stille volharding deur Mr S, en 'n geweldige geskop, geskud en gekibbel deur die jag, wat oënskynlik net so min van die idee van Skerry Vhor hou as die Kommissarisse. Uiteindelik, deur inspanning, het die lang rotsrif (hoofsaaklik onderwater), waarop die gety op 'n mees geweldige manier breek, in sig gekom. Daar verskyn 'n paar lae breë rotse naby een punt van die rif, wat omtrent 'n myl lank is. Dié is nooit heeltemal onderwater nie maar die branders spoel daaroor.... Dit sal 'n mees verlate posisie vir 'n vuurtoring wees, met die Bell Rock en Eddystone 'n grappie daarteenoor, want die naaste land is die wilde eiland Tyree, 14 myl ver. Dit is alles oor Skerry Vhor."Quiet perseverance on the part of Mr S, and great kicking, bouncing and squabbling upon that of the yacht, who seems to like the idea of Skerry Vhor as little as the Commissioners. At length, by dint of exertion, come in sight of this long ridge of rocks (chiefly under water), on which the tide breaks in a most tremendous style. There appear a few low broad rocks at one end of the reef, which is about a mile in length. These are never entirely under water though the surf dashes over them.... It will be a most desolate position for a lighthouse, the Bell Rock and Eddystone a joke to it, for the nearest land is the wild island of Tyree, at 14 miles distance. So much for Skerry Vhor", aangehaal deur Bathhurst (2000) bl. 104-5.
Later daardie jaar is 'n wet in die parlement aanvaar wat die oprig van 'n vuurtoring moontlik sou maak. Nogtans het dinge maar stadig verloop ten spyte van vertoë wat byna weekliks by die NLB opgedaag het. Eers in 1834 het Robert Stevenson saam met sy seun Alan teruggekeer. 'n Breedvoerige opmeting het dit duidelik gemaak dat daar min keuses vir die ligging was. Die enkele grootste oppervlak was 'n rots wat slegs 26 m² groot was tydens laagwater. Metings van golfdruk het aangedui dat 'n toring kragte van 29 300 kg/m² of meer sou moes weerstaan. Daar was voorstelle dat 'n toring uit gietyster of brons voldoende sou wees, maar Stevenson senior het geskryf dat "geen geldnood sou na my mening die aanneming van 'n ystervuurtoring vir Skerryvore kon regverdig nie.""no pecuniary consideration could in my opinion have justified the adoption of an iron lighthouse for Skerryvore.", Nicholson (1995) bl. 99.Munro (1979) bl. 112.Bathhurst (2000) bl. 149. Op meer as een geleentheid moes die opmeters verbygaande vaartuie teen die gevaar waarsku. 'n Skip van Newcastle, waarvan die kaarte slegs die hoofrots 'n aantal myle weg aangedui het, het naby Bo Ruadh gestrand. Die Skipsmeester, salig onbewus van die gevare, is aangetref waar hy gemaklik 'n pyp aan die rook was terwyl hy langs sy vrou gelê het wat besig was om kouse te brei.Nicholson (1995) bl. 98-9.Bathhurst (2000) bl. 150-2.
Die Kommissarisse het egter steeds uitvlugte gesoek, afgeskrik deur die potensiële koste, wat deur Robert Stevenson op £63 000 geskat is. Hulle het 'n spesiale Skerryvore Komitee saamgestel waarvan die lede besluit het om die terrein per stoomskip te besoek om die plek self te sien. Nie ver van Skerryvore het 'n brand in die ketelruim uitgebreek wat die skip lam gelê het. Dit is geblus en geen skade is aangerig nie, maar die ondervinding kon oortuigend gewees het.Bathhurst (2000) bl. 153.
Alan Stevenson is dan ook as die ingenieur vir die projek aangestel toe hy nog maar 30 jaar oud was. Hy het 'n toring ontwerp wat 42 m hoog was met 'n basis van 13 m, en wat na bo nouer sou word tot slegs 5 m by die galery en lantern. Die laagste dele sou solied wees, alhoewel dit teen 8 m hoogte minder as die helfte van die hoogte van die basislaag by die nabygeleë Dubh Artach sou wees. Nogtans sou die struktuur 4377 ton weeg en die volume van die basis sou meer as vier keer groter wees as die hele struktuur van die Eddystonetoring en twee keer dié van Bell Rock. Met 151 trappe tot bo sou dit die hoogste en swaarste vuurtoring wees wat tot op daardie stadium in moderne tye gebou is en dit is steeds die hoogste vuurtoring in Skotland.Munro (1979) bl. 114.In die antieke wêreld was die Vuurtoring van Alexandrië waarskynlik hoër. Sien byvoorbeeld "The Great Lighthouse at Alexandria" unmuseum.org. Besoek op 18 Maart 2008.
Kusstasie duimnael|Hynish seintoring, nou 'n museum Hynish on Tiree was aanvanklik die kusstasie en konstruksie-terrein. Geleë op die suidwestelike hoek van Tiree, het die nabygeleënheid aan Skerryvore en die gevolglike oorvloed van wrakke gelei tot huurgeld wat hier en langs die weskus hoër was as op enige ander plek op die eiland.Bathhurst (2000) bl. 148. Werk op die nuwe aanleg het in 1837 'n aanvang geneem; granietblokke is by Mull uitgegrawe en na die dorpie gebring om gesny en gevorm te word voor dit na die rif verskeep is. Verskeie kothuisies vir vuurtoringwagters is in 1844 uit dieselfde rots gebou asook 'n massiewe pier en hoë graniettoring om sein met Skerryvore self moontlik te maak.Murray, W.H. (1966) The Hebrides. Londen. Heinemann. bl. 124. Stevenson het opgemerk dat die miernes van bedrywighede in kontras was met die "verlatenheid en ellende" wat hy gemeen het die lot van die omliggende bevolking was.Munro (1979) bl. 115.
Barakke en fondasie In 1838 is £15 000 in lone spandeer vir die bou van 'n 150 ton stoomskip in Leith om werkers en materiaal na die rif te karwei. Die struikelblokke moet nie onderskat word nie. Alhoewel Skerryvore 'n dosyn myle van Hynish is, is dit 80 km van die Skotse vasteland. Die eerste werk wat op Skerryvore onderneem is, was die oprig van 'n sesvoetige raamwerk waarop 'n houtbarak om 40 mans te huisves geplaas is. Die gebou is in Gourock gebou voor dit uitmekaar gehaal is en op die terrein herbou is.Nicholson (1995) bl. 100.
Aanvanklike werk op die rots het op 7 Augustus 1838 begin. Stevenson en 21 werkers het die seilskip Pharos aanboord gestap en begin om die barak, waarvan die massiewe voetstukke in gate wat met dinamiet geblaas is geplaas moes word, af te laai. Na net twee dae moes hulle die terrein verlaat as gevolg van 'n storm wat uit die Atlantiese Oseaan ingewaai het. Dit het nog ses dae geneem voor hulle met die strawwe 16 uur per dag werk van 4 vm tot 8 nm kon begin. Uit vrees vir seesiek word het baie van die manne verkies om op die klam rotse te slaap as op die altyd-rollende Pharos.Nicholson (1995) bl. 101.
Werk in die seisoen het net aangehou tot 11 September. Teen die tyd is die barakvoetstukke vasgemaak maar nog nie die hoofstruktuur nie. Net twee maande later het Stevenson 'n brief van die winkelier by Hynish, Mr. Hogben, ontvang. Dit het so begin: "Geagte Meneer, ek is baie jammer om u te moet meedeel dat die barak wat op Skerryvore Rots opgerig is geheel en al verdwyn het.""Dear Sir, I am extremely sorry to inform you that the barrack erected on Skerryvore Rock has totally disappeared." Die struktuur is tydens 'n storm op 3 November vernietig en vier maande se moeite was daarmee heen.Bathhurst (2000) bl. 166. Stevenson het 'n boot gehuur om die skade te besigtig op dieselfde dag wat hy die nuus ontvang het. Weens sy geloof in die projek, het hy hom verbind om 'n sterker maar andersins identiese plaasvervanger te bou. Werk het in April 1839 begin en teen die begin van September het die voltooide barak 18 meter bo die rots gestaan. Toegang was deur lere wat aan die voetstukke geheg was, wat gelei het tot by die laagste vlak wat die kombuis bevat het. Die middelste vlak het twee kajuite bevat, een vir Stevenson, die ander vir sy werksmeester, terwyl die boonste vlak slaapkwartiere vir nog 30 tot 40 man verskaf het.Nicholson (1995) bl. 102.