Leopold von Auer (Hongaars: Auer Lipót; 7 Junie 1845 – 15 Julie 1930) was 'n Hongaarse violis, akademikus, dirigent en komponis. Hy was bekend as 'n uitstekende vioolonderwyser.

Vroeë lewe en loopbaan Auer is op 7 Junie 1845 in Veszprém, Hongarye gebore.Fifield, Christopher, in Oxford Companion to Music, Alison Latham, red., Oxford University Press, 2003 p .70 Hy studeer aanvanklik viool onder 'n plaaslike konsertmeester. Hy skryf later dat die viool 'n "logiese instrument" is vir enige Hongaarse seun om op te neem omdat dit "nie veel kos nie".Auer 1923, p.21 Auer sit later sy vioolstudies onder Dávid Ridley Kohne, wat ook van Veszprém afkomstig is,Auer, 1980, p. 2, aan die Boedapest Konservatorium voort.Schwarz, p.414Auer, 1980, p.2 Kohne was konsertmeester van die orkes van die Nasionale Opera.Auer, 1923, p. 23 Auer se optrede as solis tydens 'n opvoering van Felix Mendelssohn se Vioolconcerto het die belangstelling gelok van welgestelde musiekliefhebbers wat aan hom 'n beurs verleen het om na Wene te gaan vir verdere studies. Hy het aan die huis van sy onderwyser, Jakob Dont, gewoon.Auer, 1980, p. 3 Auer het geskryf dat dit Dont was wat hom die grondslag vir sy viooltegniek geleer het. In Wene het hy ook kwartet-lesse bygewoon onder Joseph Hellmesberger, Sr.

Toe Auer 13 was het sy beursgeld egter opgedroog, en sy vader het besluit om sy loopbaan van stapel te stuur. Die inkomste uit plaaslike konserte was skaars genoeg om vader en seun, en 'n pianis wat 'n duo saam met die jong Leopold,Auer, 1923, p.27 gevorm het, te onderhou. 'n Oudisie met Henri Vieuxtemps in Graz was 'n mislukking, deels omdat Vieuxtemps se vrou van die oordeel was.Auer, 1923, pp.34-35 'n Besoek aan Parys het ewe onsuksesvol geblyk te wees. Auer het besluit om advies in te win van Joseph Joachim, die destydse koninklike konsertmeester by Hannover.Styra Avins, "Joseph Joachim," in Latham, red., Pp.637-638 Die destydse koning van Hannover was blind en baie lief vir musiek.Auer, 1923, pp.57-59 Hy het Joachim goeie vergoeding gegee, en by die geleenthede toe Auer ook vir die koning opgetree het, was hy ook genoegsaam vergoed sodat hy homself vir 'n paar weke kon onderhou.Auer, 1923, p.60 Die twee jaar wat Auer saam met Joachim deurgebring het (1861–63, of 1863–1865 volgens Auer, 1980, p.9) sou 'n keerpunt in sy loopbaan word. Hy was al goed voorbereid as violis. Sy blootstelling aan die Duitse musiekwêreld was vir hom 'n openbaring – dit was 'n wêreld wat musikale waardes beklemtoon het oor virtuose glans.

Auer het die somer van 1864 by die spa-oord van Wiesbaden deurgebring, waar hy sou optree. Daar het hy die violis Henryk Wieniawski en die pianistebroers Anton Rubinstein en Nicholas Rubinstein, die latere stigter en direkteur van die Moskouse Konservatorium en dirigent van die Moskou Simfonieorkes, ontmoet .Auer, 1923, pp.89-91 Auer het informele instruksies van Wieniawski ontvang.Auer 1923, p.92 In die somer van 1865 was Auer in 'n ander spa dorp, Baden-Baden, waar hy Clara Schumann, Brahms en Johann Strauss jr. ontmoet het.Auer 1923, pp.98-101

Daar was destyds nie soveel toerende violiste soos later nie, maar in Wene kon Auer vir Henri Vieuxtemps (uit België), Antonio Bazzini (uit Italië) en die Tsjeg Ferdinand Laub hoor; hy was veral beïndruk deur Vieuxtemps.Auer 1980, p. 5 Auer het in 1864 konserte aangebied as solis saam met die Leipzig Gewandhaus Orkes,;Auer, 1980, p. 9 hy is uitgenooi deur die konsertmeester Ferdinand David, wat die vriend van die dirigent (Felix Mendelssohn) was.Auer 1923, p.70 Auer het geskryf dat Leipzig in daardie tyd “belangriker, vanuit 'n musikale oogpunt, as Berlyn en selfs Wene was.”Auer, 1923, p.69 Sy sukses het daartoe gelei dat hy op 19-jarige ouderdom Auer, 1923 p. 71 die konsertmeester in Düsseldorf geword het.The Violinist In 1866 het hy dieselfde pos in Hamburg gekry; hy het ook 'n strykkwartet daar gelei.Auer, 1923, pp.78-81Schwarz, pp.414-415

Gedurende Mei en Junie 1868 is Auer gevra om 'n reeks konserte in Londen te speel.Auer 1923, p.114 Tydens een konsert het hy Beethoven se Aartshertog Trio saam met die pianis Anton Rubinstein en die tjellis Alfredo Piatti gespeel.

Rusland Rubinstein was op soek na 'n vioolprofessor vir die Sint Petersburg Konservatorium wat hy in 1862 gestig het, en het Auer voorgestel. Auer het ooreengekom op 'n driejaarkontrak, wat ingesluit het dat hy as solis sou optree aan die hof van groothertogin Helena.Auer 1923, p. 117 Aanvanklik het musiekkritici in Sint Petersburg Auer se spel gekritiseer en dit ongunstig vergelyk met die van sy voorganger, Wieniawski.Schwarz, p. 415 Tsjaikofski se bewondering vir Auer se spel het egter gelei tot die aanvaarding daarvan. Auer sou vir 49 jaar (1868–1917) aanbly. Gedurende daardie tyd het hy die pos van eerste violis van die orkes van die keiserlike teaters in Sint Petersburg gehou. Dit het die Mariinsky Ballet en Opera, die Bolshoi Kamenny Ryksteater (tot 1886), en later die Mariinsky Ryksteater, sowel as die Ryksteaters van Peterhof en die Hermitage-teater, ingesluit. Auer het tot 1906 Auer, 1923, p. 148 byna al die vioolsolo's gespeel tydens opvoerings van die Mariinsky balletgeselskap, waarvan die meerderheid gechoreografeer is deur Marius Petipa. Voor Auer het Vieuxtemps en Wieniawski die balletsolo's gespeel.Auer, 1923, pp. 148-149

Auer was tot 1906 ook die leier van die strykkwartet vir die Russiese Musiekgenootskap. Die konserte van hierdie kwartet was net so 'n integrale deel van die Sint Petersburgse musiektoneel soos hul eweknieë onder leiding van Joachim in Berlyn. In latere jare het kritiek ontstaan oor minder as perfekte ensemblespel en onvoldoende aandag aan kontemporêre Russiese musiek. Nietemin het Auer se groep kwartette deur Tsjaikofski, Alexander Borodin, Glazoenof en Nikolai Rimski-Korsakof opgevoer. Die groep het ook die musiek van Brahms en Schumann gespeel, saam met die musiek van Louis Spohr, Joachim Raff en ander minder bekende Duitse komponiste.

Rondom 1870 het Auer besluit om hom te bekeer tot die Russies-Ortodokse geloof.

Aan die Konservatorium het die klavierpedagoog Theodor Leschetizky vir Auer voorgestel aan Anna Yesipova, wat volgens Leschetizky sy beste student was.Auer 1923, p. 144 Auer het verskeie sonates saam met van die grootste pianiste van die dag uitgevoer; sy gunsteling speelvennoot was egter steeds Yesipova, saam met wie hy verskyn het tot haar dood in 1914. Ander vennote het Anton Rubinstein, Leschetizky, Raoul Pugno, Sergei Taneyev en Eugen d ' Albert ingesluit. Auer het graag Tartini se Vioolsonate in G mineur,Auer, 1925, pp. 2-4 wat omstreeks 1713 geskryf is, gespeel. In die 1890's het Auer siklusse van die tien vioolsonates deur Beethoven opgevoer. 'n Besondere gunsteling was die Vioolsonate nr. 9 (Kreutzer-sonate),Auer, 1925, pp. 45-52 wat Auer die eerste keer in Hanover aangehoor het toe dit gespeel is deur Joachim en Clara Schumann.Auer, 1923, p. 65

Auer is vanaf 1914 tot 1917 tydens konserttoere in Rusland deur die pianis Wanda Bogutska Stein begelei.Auer, p. 15

Amerika duimnael|links|Leopold Auer in die VSA Auer het nie in 1917 in die Verenigde State opgetree nie. Volgens Auer was daar "een ernstige afskrikmiddel – die groot aantal konserte wat die kunstenaar in 'n kort tydperk van drie of vier maande moes speel. My vriende Anton Rubinstein, Hans von Bülow en Henri Wieniawski het [vir my] gesê dat, hoewel hul Amerikaanse toere die interessantste was, hulle huiwerig was om nuwe uitnodigings te aanvaar vanweë die ernstige spanning" wat die toere veroorsaak het.Auer 1923, p. 358 "Maar in 1918 het dit onmoontlik geword om werksgeleenthede in Rusland te verkry vanweë die Russiese Rewolusie." Daarna verhuis hy na die Verenigde State, alhoewel hy weens sy ouderdom nie 'n groot konserttoer onderneem het nie. Hy het op 23 Maart 1918 in Carnegie Hall gespeel en ook in Boston, Chicago en Philadelphia opgetree. Hy het klasgegee aan 'n paar privaatstudente by sy huis in Manhattan se "Upper West Side". In 1926 het hy aangesluit by die Institute of Musical Art (later die Juilliard-skool). In 1928 het hy aangesluit by die fakulteit van die Curtis Institute of Music in Philadelphia. Hy sterf in 1930 in Loschwitz, 'n voorstad van Dresden, Duitsland. Hy is begrawe in die Ferncliff-begraafplaas in Hartsdale, New York.

Speelstyl Tsjaikofski was besonders ingenome met Auer se spel. Na 'n opvoering in 1874 in Moskou het hy Auer se "uitdrukkingskrag en die deurdagte poësie wat uit die interpretasie voorkom" geprys.Soos aangehaal in Schwarz, 415. Hierdie finesse en poësie het 'n geweldige prys gekos. Auer het swak gevormde hande vir 'n vioolspeler gehad en moes onophoudelik daaraan werk om sy tegniek in stand te hou. Hy het geskryf: "My hande is so swak dat dit voel asof ek my vermoë om te speel geheel en al verloor wanneer ek vir 'n paar opeenvolgende dae nie die viool bespeel nie." Auer, Leopold, Violin Playing, 46. Soos aangehaal in Schwarz, 417.

Ondanks hierdie swakheid het Auer veel bereik deur voortdurend te werk. Sy toon en sy tegniek was aangrypend en elegant. Sy spel het ontbreek aan die nodige passie, maar hy het daarvoor opgemaak met 'n klassieke tegniek.

Sy musieksmaak was konserwatief en verfynd. Hy het gehou van die virtuose werke van Henri Vieuxtemps (soos bv. sy drie vioolconcertos) Auer 2012, hoofstuk 7 en Heinrich Wilhelm Ernst en het van hierdie werke gebruik gemaak in sy klasse. Een keer het 'n student beswaar daarteen aangeteken om Ernst se Othello-fantasie te speel, en dit afgekraak as onsmaaklike en slegte musiek. Auer het egter teruggekap: "Jy sal dit speel totdat dit soos goeie musiek klink, en jy sal niks anders speel nie." Schwarz, 419.

Bach se werke Concertos Auer het nooit een van Bach se solo-vioolkonserte aan 'n student toegewys nie. Die Dubbelconcerto was egter een van sy gunstelinge.Potter vermeld dat Jascha Heifetz die dubbelkonsert in Loschwitz gespeel het waar Auer sy somerskool in 1912 en 1913 gehou het. Auer noem die Dubbelkonsert "die belangrikste" van die drie konserte.Auer 1912, p.30

Onbegeleide viool of viool en klaviersonates Auer het geskryf dat die musikant Ferdinand David "die oneindige dank van die violistewêreld verdien deurdat hy Bach se sonates en partitas vir soloviool, BWV 1001–1006, en die ses sonates vir viool en klavesimbel, BWV1014-1019 herontdek het.Auer 2012, p. 20 David het hierdie werke geredigeer en gepubliseer en Joseph Joachim was die eerste wat hulle aan die musikale wêreld in die algemeen bekendgestel het, wat hierdie komposisies … 'n onmisbare pilaar van vioolliteratuur gemaak het." Auer het veral klem gelê op die Chaconne uit Bach se vierde sonate vir onbegeleide viool tesame met 33 variasies.Auer 2012, pp. 21, 28

Mozart se concertos Mozart het vyf concertos vir viool en orkes (almal in 1775) geskryf asook 'n dubbelconcerto (die Sinfonia Concertante vir viool, altviool en orkes K. 364). Auer (2012) maak nie melding daarvan nie, maar noem twee van die vioolconcertos, een in D-majeur, nr. 4, en een in A-majeur, nr. 5. Dit wil voorkom asof die ander concerto in E-mol majeur nie deur Mozart geskryf is nie.

Dirigeer Auer was ook aktief as dirigent. Hy het met tussenposes aan die hoof gestaan van die Russiese Musiekgenootskap se orkestrale konserte in die 1880's en 1890's. Hy was altyd bereid om op die podium te klim om 'n beroemde buitelandse solis te begelei – soos destyds toe Joachim Rusland besoek het – en het dieselfde gedoen vir sy studente wat in die buiteland konserte gehou het.

Onderrig