Brooksnek is 'n landelike nedersetting in die Umzimvubu Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaapprovinsie en teen die grens met KwaZulu-Natal geleë. Dit is in die oostelike deel van die land, 600 km suid van die hoofstad Pretoria, en slegs enkele kilometer suid van Kokstad.

Die R394-streeksroete sluit net suid van Brooksnek by die N2-nasionale pad aan.

Brooksnek is op 1 613 meter bo seespieël geleë, en die pas dra die N2-nasionale pad oor 'n uitloper van die Drakensberg tussen die twee provinsies.

Koördinate:

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap