Gasteria (beestonge) is 'n vetplant genus wat hoort tot Asphodelaceae, die aalwynfamilie. Daar is 26 spesies wat hoort tot die genus. Die genus is naverwant aan die aalwyne, (Aloe). Kenmerkend van die spesies is hul gepunte blare sonder stekels en die opsigtelike geboë, basaal bolvormige verdikte blomme. Die blare van die meeste spesies het opvallende wit vlekke en dikwels 'n rif aan die onderkant. Die genus groei meestal in die skadu van omringende plantegroei. Hulle is meestal stamloos.
Spesies
Gasteria acinacifolia (J.Jacq.) Haw. Gasteria barbae van Jaarsv. Gasteria batesiana G.D.Rowley Gasteria baylissiana Rauh Gasteria brachyphylla (Salm-Dyck) van Jaarsv. Gasteria camillae van Jaarsv. & Molteno Gasteria carinata (Mill.) Duval Gasteria croucheri (Hook.f.) Baker Gasteria disticha (L.) Haw. Gasteria doreeniae van Jaarsv. & A.E.van Wyk Gasteria ellaphieae van Jaarsv. Gasteria excelsa Baker Gasteria glauca van Jaarsv. Gasteria glomerata van Jaarsv. Gasteria koenii van Jaarsv. Gasteria langebergensis (van Jaarsv.) van Jaarsv. & Zonn. Gasteria loedolffiae van Jaarsv. Gasteria nitida (Salm-Dyck) Haw. Gasteria obliqua (Aiton) Duval Gasteria pillansii Kensit Gasteria polita van Jaarsv. Gasteria pulchra (Aiton) Haw. Gasteria rawlinsonii Oberm. Gasteria tukhelensis van Jaarsv. Gasteria visserii van Jaarsv. Gasteria vlokii van Jaarsv.
Bronnelys Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014, Plants of the World Online