Nikita Mazepin (Moskou, 2 Maart 1999) is 'n voormalige Russiese Formule Een-renjaer. Sy vader is die miljoenêr Dmitry Mazepin.

Loopbaan Formule 3 In 2016 het Mazepin aan die FIA Formule 3 Europese Kampioenskap vir Hitech Grand Prix deelgeneem. Dit was 'n teleurstellende seisoen waarin hy vier punte behaal het en die 20ste plek in die kampioenskap behaal het. Nadat hy tydens 'n baansessie deur Callum Ilott geblokkeer is, het Mazepin 'n onderonsie met Ilott gehad, waartydens hy hom in die gesig geslaan het. Dit het daartoe gelei het dat hy verban is vir die eerste ren van die Hungaroring Grand Prix. Die sanksie self was kontroversieel, met Frits van Amersfoort, baas van Ilott se span, wat die besluit as te sag beskou, en het dit "'n belaglike besluit van die wedrenbeamptes" genoem.Desondanks is Mazepin vir nog 'n seisoen behou. Hy het baie verbeter in vergelyking met sy eerste seisoen, 108 punte behaal en drie keer op die podium geëindig. Hy eindig een plek agter die spanmaat Ralf Aron, wat in die 9de plek was. duimnael|Mazepin toetsbestuur die Force India VJM11 in Barcelona, 2018

In die winter van 2019 en 2020 neem Mazepin deel aan die Asiatiese Formule 3-kampioenskap vir die Hitech Racing-span.

Formule 2 In 2019 het Mazepin tot Formule 2 gevorder om saam met Nyck de Vries by ART Grand Prix te jaag. Sy seisoen is veral gekenmerk weens die ongeluk wat hy met Nobuharu Matsushita in die naelloop op die Sochi Autodrom veroorsaak het. Terwyl sy spanmaat uiteindelik die kampioenskap verower het, sou Mazepin in die 18de plek eindig met 11 punte. Mazepin het vir die nuwe Hitech Grand Prix-span geteken om in 2020 saam met die Italianer Luca Ghiotto te jaag. Sy eerste podium was op die Hungaroring met 'n tweede plek, terwyl hy sy eerste F2-oorwinning in Brittanje behaal het. Mazepin het ook die ren in Mugello gewen. Op die laaste rondte van die Belgiese ren, het hy die Carlin Motorsport-jaer Juki Tsunoda wyd gedruk en is 'n straf van 5 sekondes opgelê wat hom die oorwinning gekos het.

Formule 1 Op 1 Desember 2020 is bekend gemaak dat Mazepin in 2021 oorbeweeg na Formule 1, as deel van die Haas F1-span.

Op 5 Maart 2022 is Mazepin weggelaat (sy kontrak is gekanselleer) by Haas, omdat hy 'n Russiese burger is, terwyl Rusland oorlog maak teen Oekraïne.

Loopbaanuitslae Seisoen Reeks Span Renne Wenne Voorste Vinnigste Podiums Punte Plek 2014–15 MRF Challenge Formula 2000 MRF Racing 4 0 0 0 1 36 10de 2015 Formula Renault 2.0 NEC Josef Kaufmann Racing 16 0 0 0 1 125.5 12de Eurocup Formula Renault 2.0 7 0 0 0 0 N/A NC† 2015 Toyota Racing-reeks ETEC Motorsport 16 0 0 0 0 304 18de 2016 FIA Formule 3 Europese kampioenskap Hitech GP 30 0 0 0 0 10 20ste Macau Grand Prix 1 0 0 0 0 N/A DNF Eurocup Formula Renault 2.0 AVF by Adrián Vallés 4 0 0 0 0 11 16de BRDC Britse Formule 3-kampioenskap Carlin Motorsport 3 1 0 0 1 51 23ste2017 FIA Formule 3 Europese kampioenskap Hitech GP 30 0 0 1 3 108 10de 2018 GP3-reeks ART Grand Prix 18 4 1 5 8 198 2de 2019 2019 FIA Formule 2-kampioenskap ART Grand Prix 22 0 2 0 0 11 18de 2019–20 F3 Asiese kampioenskap Hitech Grand Prix 15 1 0 0 4 186 3de 2020 2020 FIA Formule 2 kampioenskap Hitech Grand Prix 24 2 0 2 6 164 5de † Mazepin was 'n gasbestuurder, dus kon hy geen punte verdien nie.

FIA Formule 2-kampioenskapuitslae Jaar Inskrywer 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 Pos Punte 2019 ART Grand Prix BHRFEA BHRSPR BAKFEA BAKSPR CATFEA CATSPR MONFEA MONSPR LECFEA LECSPR RBRFEA RBRSPR SILFEA SILSPR HUNFEA HUNSPR SPAFEA SPASPR MNZFEA MNZSPR SOCFEA SOCSPR YMCFEA YMCSPR 18de 11 2020 Hitech Grand Prix RBR1FEA RBR1SPR RBR2FEA RBR2SPR HUNFEA HUNSPR SIL1FEA SIL1SPR SIL2FEA SIL2SPR CATFEA CATSPR SPAFEA SPASPR MNZFEA MNZSPR MUGFEA MUGSPR SOCFEA SOCSPR BHR1FEA BHR1SPR BHR2FEA BHR2SPR 5de 164

Formule 1-uitslae Seisoen Inskrywer O/stel Enjin12345678910111213141516171819202122PlekPunte2021Haas F1-spanVF-21Ferrari 065/6 BHRDNF EMI17 POR19 SPA19 MON17 AZE14 FRA20 STI18 OOS19 GBR17 HONDNF BEL17 NEDDNF ITADNF RUS18 TUR20 VSA17 MXS18 SAP17 KAT18 SAUDNF ABUDNS 21 0

Verwysings

Kategorie:Russiese renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1999 Kategorie:Lewende mense