HavanaLa Habana 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Provinsie 20px La Habana Koördinate Gestig op 16 November 1519 Stadstatus 20 Desember 1592 Oppervlakte: - Totaal 728,6 vk km Hoogte bo seevlak 5 m Bevolking: - Totaal (2011) 2 135 498 - Bevolkingsdigtheid 2 932,3/vk km Tydsone EST (UTC -5) Burgemeester Marta Hernández Romero
duimnael|links|Satellietbeeld van Havana. duimnael|links|Die historiese stadsentrum van Havana. Havana (Spaans: La Habana) is die hoofstad van Kuba. Die stad is op 25 Augustus 1515 deur die Spanjaarde onder Diego Velázquez de Cuéllar as Villa de San Cristóbal de La Habana gestig en op 16 November 1519 tot die huidige plek geskuif. Koning Filips II van Spanje het op 20 Desember 1592 stadstatus aan Havana verleen. Tydens die Spaanse koloniale bewind was Havana die belangrikste hawestad in die Amerikas.
Met 'n bevolking van 2 135 498 is Havana die grootste stad van Kuba asook van Wes-Indië. Die stad is in die noordoostee van die eiland aan die kus van die Golf van Meksiko net 150 kilometer suid van Florida geleë. Die oustad La Habana Vieja en die Spaanse vesting is in 1982 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Eksterne skakels
Amptelike UNESCO bladsy
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Kuba Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Noord-Amerika