Die silwerjakkals (Vulpes chama), ook genoem die draaijakkals is 'n klein soogdier wat in Suidelike Afrika aangetref word, veral in oop grasvlaktes en halfwoestyne.

Bou Silwerjakkalse is swart of silwergrys met liggeel strepe op hulle flanke en hulle maag. Die punte van hulle sterte is swart. 'n Gemiddelde volwasse silwerjakkals is tussen 45 en 61 cm lank en het 'n stert wat 'n verdere 30 tot 40 cm lank kan wees. Silwerjakkalse het 'n gemiddelde hoogte van 30 cm en weeg tussen 3,6 en 5 kg. duimnael|links|Twee klein silwerjakkalsies. Die mannetjies is effens swaarder as die wyfies.

Habitat en gewoontes Hulle hou in oop grasvlaktes met of sonder struike, oop droë boomveld, karoobossieveld en fynbos. Die soogdier is 'n alleenloper. Hulle is meestal snags aktief en eet hoofsaaklik goggas, muise, dassies, hase en grondvoëls. Soms sal hulle ook aas vir voedsel. Hulle maak 'n hoë huil-blafgeluid.

Die wyfie is tussen sewe en agt weke dragtig en skenk telkens aan drie tot vyf kleintjies geboorte tussen Oktober en November.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bronnelys

Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. . Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.

Kategorie:Hondagtiges