Tussen 1941 en 1947 is 'n groot aantal Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika aangehou. Die Italiaanse krygsgevangenes is tydens die Tweede Wêreldoorlog in Noord-Afrika gevangene geneem.Military History Journal, Italian Prisoners of War in South Africa 1941–1947, besoek op 11 Maart 2008
regs|duimnael|460px|Teater-, Winkel-, Biblioteek- en Welsynskantoorkompleks in die Zonderwaterkamp Die eerste Italiaanse krygsgevangenes het in Februarie 1941 in Suid-Afrika aangekom. Die krygsgevangenes is deur die Geallieerdes, insluitende Suid-Afrikaaanse troepe, wat as die Springbokke bekend gestaan het, gevangene geneem in Italiaans Somaliland en Ethiopië. Dié is later gevolg deur duisende uit die Woestynveldtogte in Egipte, Libië, Cyrenaica en Tripolitania. Dit was die eerste keer dat vreemde krysgevangenes in Suid-Afrika aangehou is en die owerhede was nouliks voorbereid op die instroming van gevangenes en die gepaardgaande logistieke uitdagings. Mettertyd sou die Zonderwater-krygsgevangenekamp by Cullinan, sowat 23 myl van Pretoria, egter onder Kolonel HF Prinsloo ontwikkel tot een van die grootste krygsgevangenekampe in die Geallieerde gebiede en 'n toonbeeld van die humanitêre behandeling van krygsgevangenes. Benewens Zonderwater is krygsgevangenes ook in Koffiefontein, Paarl, Robertson, Pringlebaai en Woodlands in Durban aangehou.
Die Italiaanse krygsgevangenes se nalatenskap in Suid-Afrika was die talle konstruksieprojekte waaraan hulle gewerk het. Dit sluit in baie van Suid-Afrika se bergpasse,Oulitnet, Demone in die vensters , besoek op 11 Maart 2008 paaie,Kogelberg Biosphere Reserve , The Koglberg Biosphere reserve is just an hour's drive from Cape Town. , besoek op 11 Maart 2008 bekende geboue, kerke en kapelle,Zulu Kingdom – KwaZulu-Natal , Church Italian Church en Prisoner of War Church, besoek op 11 Maart 2008 plaashuise en buitegeboue,Wederomwynplaas , The History of the farm and it's family , besoek op 11 Maart 2008KwaThabisile Game Lodge – Leeuwkloof Valley Conservancy, Cullinan, besoek op 11 Maart 2008 tuinterrasse, 'n klipdamwalMaroelatyd , Popper se dam – 'n Italiaanse meesterstuk, besoek op 11 Maart 2008 en 'n besproeiingskanaal.22 Nama Karoo , IN & AROUND (MORE) – KLAWER , besoek op 11 Maart 2008 Verder het talle van die Italianers nadat hulle gerepatrieer is na Suid-Afrika teruggekeer. 23 000 gevangenes het aansoek gedoen om in Suid-Afrika aan te bly, maar slegs 800 het toestemming gekry. Byna 20 000 het egter binne 'n paar jaar na Suid-Afrika teruggekeer. Dié Italiaanse immigrante het 'n beduidende invloed op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad in wynbou,Fairview Wyne, Agostinelli Wines, besoek op 11 Maart 2008Neil Pendock, La vino e Bella, WINE magazine, besoek op 11 Maart 2008 kaasproduksie, restaurantwese, en die kunste.
In die roman, Die swye van Mario Salviati van die Afrikaanse skrywer Etienne van Heerden is die geskiedenis van die Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika verweef met ander stories in "'n mengelmoes van feit en fiksie".Tanja Pieterse, Cimitero Militare Italiano Zonderwater, Zambi Nuus , besoek op 11 Maart 2008
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika