Jonas Kaufmann (gebore 10 Julie 1969) is 'n Duitse operatenoor. Hy is veral bekend vir sy opvoerings in spintorolle soos Don José in Carmen, Cavaradossi in Tosca, Maurizio in Adriana Lecouvreur, en die titelrol in Don Carlos. Hy het ook in Duitsland en in die buiteland leidende tenoorrolle vertolk in die operas van Richard Wagner, waarvan die mees noemenswaardige by die Metropolitan Opera in New York plaasgevind het. Hy is ook 'n bedrewe Lieder sanger.Tommasini, Anthony (21 Februarie 2014). "A Tenor Finds Energy for Intense, Lyrical Pain". The New York Times. Besoek op 26 Desember 2014.Christiansen, Rupert (19 Desember 2014). "Opera Review of 2014: the start of opera becoming the domain of the elite?". The Daily Telegraph. Opgespoor 26 Desember 2014.
Vroeë lewe en opvoeding Kaufmann is in München gebore. Sy pa het vir 'n versekeringsmaatskappy gewerk en sy ma was 'n kleuterskoolonderwyser. Hy het een ouer suster gehad. Hy het die klavier begin studeer toe hy agt was en in die koor van sy laerskool gesing. Alhoewel hy vir die toelatingseksamens vir wiskunde studeer het, het hy in die somer van 1989 sy stemopleiding aan die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste in München begin. Terwyl hy studeer het, het hy 'n paar klein rolle by die Beierse Staatsopera vertolk. Hy gradueer in 1994 aan die universiteit en behaal onderskeidings in beide opera- en konsertuitvoerings.
Kaufmann het in 1995 na 'n vokale krisis bystand ontvang vanaf die Amerikaanse bariton Michael Rhodes wat hom 'n "nuwe manier van sing" geleer het en geleer het hoe om "meer ontspanne in my stem en in my eie vermoë" te word. In Kaufmann se boek getiteld Meinen die wirklich mich? word die volgende gesê, "Om 'n Michael Rhodes te vind wat jou werklik kan help en jou sukses kan besorg is werklik 'n gelukskoot."Voigt, Thomas (2010). Jonas Kaufmann "Meinen die wirklich mich?": Henschel Verlag GmbH & Co.KG. . p. 52
Loopbaan duimnael|Emily Magee as Ariadne en Kaufmann as Bacchus in Ariadne auf Naxos deur Richard Strauss tydens die Salzburg Fees in 2012 Hy het in 1994 sy professionele loopbaan by die Staatstheater Saarbrücken begin en is spoedig daarna uitgenooi om sy buiging te maak in Duitse teaters soos die Staatsoper Stuttgart en Hamburg Staatsopera, sowel as internasionale buigings by die Lyric Opera of Chicago, Opéra National de Paris en La Scala. Hy het sy buiging by die Salzburg Fees in 1999 gemaak in 'n produksie van Busoni se Doktor Faust en in 2003 teruggekeer as Belmonte in Mozart se Die Entführung aus dem Serail en vir konserte van Beethoven se Simfonie No. 9 saam met die Berliner Philharmoniker.
In 2006/7 ontvang hy kritiese lof vir sy vertolking van Don José in Bizet se Carmen by die Royal Opera House, Covent Garden. Hy maak in 2006 sy buiging as Alfredo in Verdi se La traviata by die Metropolitan Opera saam met Angela Gheorghiu, ook tot kritiese lof. In 2007 en 2008 vertolk hy ook dié rol by die Met, en in 2008 by die Royal Opera House. In Mei 2008 vertolk hy die rol van Cavaradossi in Puccini se Tosca by Covent Garden, weereens tot kritiese lof.Hilary Finch, The Times, Tosca by Covent Garden, 14 Mei 2008
In 2008/9 sing hy in Massenet se Manon in Chicago saam met Natalie Dessay. Hy sing ook die titelrol in 'n nuwe opvoering van Wagner se Lohengrin by die Beierse Staatsopera. Hy vertolk ook die rol van Lohengrin tydens die openingsaand van die Bayreuth Fees in 2010 in 'n opvoering deur Hans Neuenfels, met Andris Nelsons as dirigent.
Sy debuutopname met Decca Records, Romantic Arias, is in Januarie 2008 vrygestel. Hy het ook 'n liederesiklus van Schubert opgeneem op dieselfde plate-etiket, asook die rol van Pinkerton in Puccini se Madame Butterfly vir EMI.
In Januarie 2010 sing hy die titelrol in Massenet se Werther by die Opéra Bastille in Parys. Die opvoering is opgeneem en in November 2010 op DVD vrygestel.
In April 2011 keer hy terug na die Metropolitan Opera as Siegmund in Robert Lepage se nuwe opvoering van Wagner se Die Walküre.Metropolitan Opera Argiewe. Kaufmann, Jonas (Tenoor) (opvoering rekord) In September 2011 het hy 'n operasie ondergaan om 'n limfklier uit sy bors te verwyder.News: Surgery successful op Kaufmann se amptelike webwerf, jonaskaufmann.comWakin, Daniel J. (29 Augustus 2011). "The Tenor Jonas Kaufmann Keeps Plans Despite Surgery". The New York TimesDear Friends – Open letter from Jonas Kaufmann published on the website of Fuji Television. "Lymph nodes" word geskryf in die Japannese weergawe. In Desember keer hy terug in Gounod se opera Faust.
Op 15 Februarie 2013 maak Kaufmann sy eerste verskyning in die titelrol van Wagner se Parsifal by die Metropolitan Opera. Sy opvoering ontvang kritiese lof. In Julie van daardie jaar is hy as Kammersänger van die Beierse Staatsopera benoem deur die Ministerie van Kuns van Beiere. In Desember sing hy die rol van Don Alvaro in Verdi se La forza del destino saam met die geselskap.Apthorp, Shirley (29 Desember 2013). "La forza del destino, Bavarian State Opera, Nationaltheater, Munich – review". Financial Times. Opgespoor op 26 Desember 2014
In Februarie 2014 sing Kaufmann die titelrol in Massenet se Werther by die Met. Hy het hierdie opvoering opgevolg met 'n toer waartydens hy Schubert se liederesiklus Winterreise saam met Helmut Deutsch gesing het. In Junie 2014 het hy sy buiging gemaak in die rol van Des Grieux in Puccini se Manon Lescaut by die Royal Opera House in Londen. Daardie November sing hy dieselfde rol in 'n verdere opvoering van Manon Lescaut by die Beierse Staatsopera.Neuhoff, Bernhard (16 November 2014). "Triumph für Jonas Kaufmann, Manon Lescaut an der Bayerischen Staatsoper". Bayerischer Rundfunk. Opgespoor op 26 Desember 2014 .
Op 23 Februarie 2016 is die dokumentêre film getiteld Jonas Kaufmann: An Evening with Puccini in geselekteerde teaters in die Verenigde State vrygestel. Die film handel oor Kaufmann se 2015 opvoering by La Scala in Milaan en bevat rare argiefmateriaal.
In 2018 het Kaufmann sy buiging gemaak as Tristan in konsertopvoerings van die tweede bedryf van Wagner se Tristan und Isolde.
Gedeeltelike diskografie
DVDs 2002: Monteverdi – Il ritorno d'Ulisse in patria (Jonas Kaufmann / Vesselina Kasarova / Dietrich Henschel / Isabel Rey) 2002: Paisiello – Nina (Jonas Kaufmann / Cecilia Bartoli / László Polgár) 2004: Beethoven – Fidelio (Jonas Kaufmann / Camilla Nylund / László Polgár / Alfred Muff / Elizabeth Magnuson / Christoph Strehl) 2005: Mozart – La clemenza di Tito (Jonas Kaufmann / Vesselina Kasarova / Eva Mei / Malin Hartelius) 2006: Bizet – Carmen (Jonas Kaufmann / Anna Caterina Antonacci / Ildebrando D'Arcangelo / Norah Amsellem) 2006: Schubert – Fierrabras (Jonas Kaufmann / Juliane Banse / Michael Volle / Christoph Strehl / László Polgár) 2008: Bizet – Carmen (Jonas Kaufmann / Vesselina Kasarova / Isabel Rey / Michele Pertusi) 2009: R. Strauss – Der Rosenkavalier (Renée Fleming / Sophie Koch / Diana Damrau / Franz Hawlata / Jonas Kaufmann) 2009: Wagner – Lohengrin (Jonas Kaufmann / Anja Harteros / Wolfgang Koch / Michaela Schuster / Christof Fischesser / Yevgeny Nikitin) 2010: Massenet – Werther (Jonas Kaufmann / Sophie Koch / Michel Plasson) 2010: Humperdinck – Königskinder (Jonas Kaufmann / Isabel Rey / Oliver Widmer / Liliana Nikiteanu) 2010: Cilea – Adriana Lecouvreur (Jonas Kaufmann / Angela Gheorghiu / Olga Borodina / Alessandro Corbelli) 2011: Puccini – Tosca (Jonas Kaufmann / Emily Magee / Thomas Hampson) 2011: Wagner – Die Walküre (Jonas Kaufmann / Eva-Maria Westbroek / Deborah Voigt / Bryn Terfel) 2011: Gounod – Faust (Jonas Kaufmann / Marina Poplavskaya / René Pape 2011: Wagner – Der Ring des Nibelungen (Jonas Kaufmann / Bryn Terfel / Deborah Voigt / Jay Hunter Morris / Eva-Maria Westbroek) 2012: R.Strauss – Ariadne auf Naxos (Jonas Kaufmann / Emily Magee / Elena Moșuc / Peter Matić / Cornelius Obonya) 2012: Puccini – Tosca (Angela Gheorghiu / Jonas Kaufmann / Bryn Terfel / Antonio Pappano) 2012: Verdi – Requiem (Jonas Kaufmann / Anja Harteros / Elīna Garanča / René Pape) 2013: Wagner – Parsifal (Jonas Kaufmann / René Pape / Peter Mattei / Katarina Dalayman / Yevgeny Nikitin / Daniele Gatti / François Girard) 2013: Puccini – La fanciulla del West (Jonas Kaufmann / Nina Stemme / Tomasz Konieczny) 2013: Verdi – Don Carlo (Jonas Kaufmann / Anja Harteros / Matti Salminen / Thomas Hampson / Ekaterina Semenchuk) 2014: Puccini – Manon Lescaut (Jonas Kaufmann / Kristine Opolais) 2015: Mascagni – Cavalleria rusticana (Jonas Kaufmann / Liudmyla Monastyrska) & Leoncavallo – Pagliacci (Jonas Kaufmann / Maria Agresta)
Repertorium duimnael|upright=1.3|As Paul saam met Marlis Petersen as Marietta in Die tote Stadt, Beierse Staatsopera, 2019 Kaufmann se repertorium sluit die volgende in:
Johann Joseph Abert: Ekkehard – titelrolCummings, Robert. Jonas Kaufmann. AllMusic. Opgespoor 11 November 2012. Beethoven: Fidelio – Florestan, JaquinoGurewitsch, Matthew (21 Februarie 2007). "Opera Critics Sing Jonas Kaufmann's Praises". The Wall Street Journal. Opgespoor 11 November 2012. Berlioz: La damnation de Faust – FaustSerrou, Bruno (22 Junie 2003) "Une Damnation au poil selon Olivier Py". Res Musica. Opgespoor 12 November 2012 . Bizet: Carmen – Don José Cilea: Adriana Lecouvreur – MaurizioRupert Christiansen (19 November 2010). "Adriana Lecouvreur, Royal Opera House, London, review". The Daily Telegraph. Opgespoor 11 November 2012. Gounod: Faust – titelrol Giordano: Andrea Chénier – titelrol Humperdinck: Königskinder – Königssohn Leoncavallo: Pagliacci – CanioAllison, John (7 April 2015). "Cavalleria rusticana/Pagliacci, Salzburg Easter Festival, review: 'thrilling'". The Daily Telegraph. Opgespoor 29 Mei 2015. Carl Loewe: Die drei Wünsche – Hassan Heinrich Marschner: Der Vampyr - Edgar Aubry Mascagni: Cavalleria rusticana – Turiddu Massenet: Manon – Des Grieux Massenet: Werther – titelrol Monteverdi: Il ritorno d'Ulisse in patria – TelemacoFreeman-Attwood, Jonathan (April 2003). "Review: Il ritorno d'Ulisse in patria". Gramophone, p. 91 Monteverdi: L'incoronazione di Poppea – Nerone Mozart: Così fan tutte – Ferrando Mozart: Die Zauberflöte – Tamino Mozart: Idomeneo – titelrolOpernhaus Zürich. Ensemble: Jonas Kaufmann. Opgespoor 11 November 2012 Mozart: Die Entführung aus dem Serail – Belmonte Mozart: La clemenza di Tito – Tito Paer: Leonora – FlorestanoFrankfurter Allgemeine Zeitung (19 September 2000). "Marcellina befreit Fidelio und Florestan, Eine Dresdner Sternschnuppe macht Beethoven Konkurrenz: Ferdinando Paers hochkarätige "Leonora" in Winterthur ", p. 59 Paisiello: Nina, o sia La pazza per amore – LindoroGramophone (Oktober 2003) "Resensie: Nina, o sia La pazza per amore", p. 94 Puccini: La rondine – Ruggero Puccini: La bohème – RodolfoJahn, George (6 Augustus 2012). "Strauss' 'Ariadne,' Puccini's 'Boheme' both please". San Francisco Chronicle. Opgespoor op 11 November 2012. Puccini: Tosca – Cavaradossi Puccini: Manon Lescaut – des GrieuxManon Lescaut , Junie/Julie 2014 produksie details, Royal Opera House Puccini: La fanciulla del West – Dick Johnson Puccini: Madama Butterfly – Pinkerton Rossini: Il Barbiere Di Siviglia – AlmavivaLeukel, Jürgen (17 November 1998). "Gut geöltes Räderwerk: Der Barbier von Sevilla wieder im Großen Haus". Stuttgarter Zeitung Schubert: Fierrabras – titelrol Marc Schubring: Cyrano de Bergerac – ChristianSaarländisches Kultur-Journal (Junie 1995). "Und er sticht nicht!" . Opgespoor op 12 November 2012 . Smetana: The Bartered Bride – Hans Strauss: Capriccio – Flamand Strauss: Ariadne auf Naxos – Tenoor/Bacchus Szymanowski: King Roger – EdresiBerliner Zeitung (10 November 1997). "König Roger" . Opgespoor 12 November 2012 . Thomas: Mignon – Wilhelm Verdi: Falstaff – FentonHalter, Bernard (31 Maart 2005) "Du très beau linge pour Sir John!". Res Musica. Opgespoor 11 November 2012 . Verdi: La traviata – Alfredo Verdi: Otello – Otello, Cassio