Antonio Pappano (gebore 30 Desember 1959) is 'n Engels-Italiaanse dirigent en pianis. Hy is sedert 2002 musiekdirekteur van die Royal Opera House. In 2015 ontvang hy 'n goue medalje van die Koninklike Filharmoniese Genootskap.
Vroeë lewe Pappano is gebore in Epping, Essex. Pappano se familie het in 1958 vanaf Castelfranco in Miscano naby Benevento, Italië, na Engeland verhuis. Ten tyde van sy geboorte was sy ouers werksaam in die restourantbedryf. Sy vader Pasquale Pappano was van beroep 'n sangonderwyser.
Toe Pappano dertien jaar oud was het hy en sy familie na Connecticut verhuis. Na musikale opleiding in klavier en komposisie word hy op 21-jarige leeftyd 'n répétiteur (repetisie-begeleier) by die New York Stad Opera.
Loopbaan Pappano het onder die aandag gekom van sy mede pianis en – dirigent Daniel Barenboim en is aangestel as Barenboim se assistent by die Bayreuth-fees. Hy het in Barcelona en Frankfurt gewerk en gedien as assistent tot Michael Gielen. Sy eerste optrede as dirigent by die Den Norske Opera was in 1987. In 1990 het hy musiekdirekteur van dié operageselskap geword.
In 1992 is Pappano aangestel as musiekdirekteur van La Monnaie, die Belgiese Koninklike Operahuis, welke pos hy tot 2002 behou het. In die dié jaar is hy aangestel as musiekdirekteur van die Royal Opera House (ROH), Covent Garden. Hy en Kasper Holten, die ROH se direkteur van opera, was mede verantwoordelik vir opvoerings. Sy huidige kontrak strek tot 2017, en is verleng tot 2023. Pappano was die jongste dirigent van die ROH, en het vir beide die Royal Opera en Royal Ballet gedirigeer.
Pappano was ook 'n hoof gasdirigent van die Israelse Filharmoniese Orkes. In 2005 is hy aangestel as musiekdirekteur van die Orchestra dell'Accademia Nazionale di Santa Cecilia.
Pappano is in 2012 tot ridder geslaan vir sy dienste aan musiek; hy is ook 'n ridder (Groot Kruis) van Italië se orde van verdienstelikheid gemaak. Op 17 Januarie 2013 ontvang hy die "Incorporated Society of Musicians' Distinguished Musician Award". In 2015 ontvang hy die goue medalje van die Koninklike Filharmoniese Genootskap.
Persoonlike lewe Pappano is getroud met Pamela Bullock, 'n Amerikaanse stemafrigter.
Opnames
Pappano maak gereeld opnames vir Warner Classics. Sy opname sluit in: Harrison Birtwistle: The Minotaur Philippe Boesmans: Wintermärchen Jules Massenet: Manon, Werther Giacomo Puccini: Il Trittico, La Bohème, La Rondine, Tosca, Madame Butterfly Gioachino Rossini: Stabat Mater, Willem Tell Giuseppe Verdi: Don Carlo, Il Trovatore, Messa da Requiem, Aida Richard Wagner: Tristan und Isolde Hugo Wolf: Lieder, met die tenoor Ian Bostridge Antonín Dvořák: Simfonie No. 9 & Tjelloconcerto Sergei Rachmaninoff: Simfonie No. 2 Sergei Rachmaninoff: Klavierconcerto No. 1 & Klavierconcerto No. 2, met Leif Ove Andsnes
Verwysings
Bronne Maeckelbergh, Lucrèce, Antonio Pappano: Con Passione. Snoeck, 2006. .
Eksterne skakels
Pappano opnames op Warner Classics Pappano recordings on Deutsche Grammophon Onderhoud met Antonio Pappano, 8 Desember 1996
Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Britse pianiste Kategorie:Britse dirigente