duimnael|'n Papadum word gerooster thumb|Afghaanse brood thumb|Bakoond in Egipte PlatbroodFlatbread of platbrood op de website van Libelle is die benaming vir 'n wye verskeidenheid ongesuurde brode. Die basiese bestanddeel van die deeg is gemaalde graan en water. Indien nodig, kan sout of ander speserye bygevoeg word. Omdat geen suurdeeg en gis gebruik word nie het platbrood 'n beperkte dikte van enkele millimeter tot 'n paar sentimeter.
Geskiedenis Platbrood was reeds bekend in Sumer en in antieke Egipte. Dit is vermoedelik die oudste metode om brood te bak omdat mens met weinig bestanddele op eenvoudige wyse platbrood kan maak op byvoorbeeld 'n steenoond. In 2018 is verkoolde broodkrummels by 'n ligging genaamd Shubayqa 1 in Jordanië gevind, wat dateer uit 12.400 v.C., ongeveer 4000 jaar voordat landbou in die gebied ontstaan het. Analise toon aan dat die krummels waarskynlik afkomstig is van platbrood wat gebak is van wilde gars, hawer en die stingels van die knolgewas Bolboschoenus glaucus.Archaeobotanical evidence reveals the origins of bread 14,400 years ago in northeastern Jordan Amaia Arranz-Otaegui; et al. PNAS. 115 (31): 7925–7930 (16 Julie 2018) Besoek op 3 Maart 2019
Lys van soorte platbrood
Europa Crespillos (Murcia, Spanje) Tarte flambée, Frankryk en Duitsland Flatbrød, Noorweë Lefse, Noorweë Focaccia, Italië Pane carasau, Sardinië Knäckebröd, Swede Tunnbröd, Swede Lavash, Armenië Pitabrood, Oostelike Middellandse Seegebied Pizza Mlinci, Kroasië, Slowenië, Serwië
Afrika Injera/Laxoox, Horing van Afrika Ngome, Mali
Asië Bazlama, Turkye Turkse brood Chapati/roti, Indië Papadum, Indië Naan, Suid-Asië Matse, Israel
Amerikas Meksikaanse tortilla
Verwysings
Notas
Kategorie:Gebak