Tectitethya crypta is 'n sponsspesie in die taksonomiese indeling van die Demospongiae (gewone sponse). Die liggaam van die spons bestaan uit kieselnaalde en sponginevesels en is in staat om baie water op te neem.
Die spons behoort tot die genus Tectitethya en behoort tot die familie Tethyidae. Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer geldig gepubliseer in 1949 deur De Laubenfels.
Dit is 'n massiewe spons wat in die vlakwater van die Karibiese See voorkom. Dit is gereeld met sand en alge bedek.
Die nukleosides spongotimidien en spongouridien is van hierdie spons geïsoleer en vorm die basis vir medisynes wat kanker en infeksies met virusse behandel. Vidarabien, 'n antivirale middel, is van hierdie verbindings afgelei. Die ontdekking van hierdie nukleosides het ook tot die ontwikkeling van sitarabien vir kliniese gebruik in die behandeling van leukemie en limfoma gelei. Gemsitabien, 'n gefluoriseerde derivaat van sitarabien, word aangewend om kankers van die pankreas, bors, blaas en nie-klein-sel-longkanker te behandel. Die nukleosides was ook die basis vir die sintese van asiklovir, 'n antivirale middel wat aangewend word vir die behandeling van infeksies met herpesvirus.
Verwysings
Bronne Van Soest, R. (2011). Tectitethya crypta (de Laubenfels, 1949). In: Van Soest, R.W.M., Boury-Esnault, N., Hooper, J.N.A., Rützler, K, de Voogd, N.J., Alvarez de Glasby, B., Hajdu, E., Pisera, A.B., Manconi, R., Schoenberg, C., Janussen, D., Tabachnick, K.R., Klautau, M., Picton, B., Kelly, M., Vacelet, J. (2011) World Porifera database. Gebaseer op inligting uit die World Register of Marine Species, te vinde op http://www.marinespecies.org/aphia.php?p=taxdetails&id=170927.
Kategorie:Gewone sponse