Die Mkuzerivier (ook Mkhuzerivier, uMkhuzerivier) is 'n standhoudende rivier wat in die noorde van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika vloei.

Hierdie rivier ontspring 25 km oos van Vryheid op 'n hoogte van 1500 m bo seespieël. Dit vloei ooswaarts deur die Amakhosi-natuurreservaat, oor die Mkhuze-waterval, verby die dorp Mkhuze, deur die Lebomboberge en die noordelike dele van die Mkhuzi-natuurreservaat en die iSimangaliso-vleilandpark. Daarna mond dit uit in die St. Luciameer by koördinate .

Net wes van die dorp Mkhuze en by die Mkhuze-waterval is daar besproeiingskanale. Op die oewers word met suikerriet geboer.

Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal