Oedera fruticosa is 'n klein struik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Piketberg tot by Gordonsbaai en Wolseley voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 10 065 km² en het reeds 85% van sy habitat afgestaan aan ontwikkeling en gewasverbouing. Die spesie is deel van die fynbos en renosterveld.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online https://keyserver.lucidcentral.org/key-server/data/04040f0a-0603-4405-880c-010703060006/media/Html/Relhania_fruticosa.htm
Verwysings
Kategorie:Struike fruticosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika