thumb|240px|Vroue met AIS en verwante interseks toestande.

Androgeenongevoeligheidsindroom (AIS) is ’n interseks toestand wat in tussen 1:20 000 en 1:64 000 individue voorkom en daartoe lei dat selle glad nie of net gedeeltelik op androgene reageer. Die gebrek aan reaksie op dié hormone kan die vermanliking van die manlike uitwendige geslagsdele in die ontwikkelende fetus belemmer of voorkom, asook die ontwikkeling van sekondêre manlike geslagseienskappe met puberteit. Dit beïnvloed nie eintlik vroulike genitale of geslagsontwikkeling nie.

Die ongevoeligheid vir androgene is dus klinies net belangrik as dit in genetiese mans voorkom (dus individue met ’n Y-chromosoom). Kliniese fenotipes in dié individue wissel van ’n tipiese manlike liggaamsvorm met ’n effense spermatogenetiese defek of verminderde sekondêre growwe hare, tot ’n vroulike liggaam ondanks die teenwoordigheid van ’n Y-chromosoom.

AIS word in drie kategorieë verdeel wat onderskei word deur die graad van genitale vermanliking: algehele AIS, wanneer die geslagsdele tipies vroulik is; ligte AIS, wanneer die uitwendige geslagsdele tipies manlik is; en gedeeltelike AIS, wanneer die uitwendige geslagsdele gedeeltelik, maar nie ten volle, vermanlik is.

Geen metode is tans beskikbaar om die defektiewe androgeenreseptorproteïene te behandel nie. Soorte bestuur sluit in ingrypende chirurgie, hormoonvervanging en sielkundige voorligting.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Interseks