Die rooivy (Stoeberia arborea) is 'n struik en die grootste lid van die Aizoaceae. Dit kom in die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Namibië voor, die meeste word in die Richtersveld gevind. Die struik word tot 5 m hoog en sy FSA-nommer is 103.4.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die struik dra klein wit blommetjies en blom vanaf Julie tot Augustus.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys SANBI Redlist PLANTZAFRICA Plants of the World Online
Kategorie:Struike arborea Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika