Reimond Stijns (10 Mei 1850, Mullem - 12 Desember 1905, Sint-Jans-Molenbeek) was 'n Vlaamse skrywer.

Hy begin sy professionele loopbaan as onderwyser in 1870, eers in Bevere (Oudenaarde) en daarna in Sint-Jans-Molenbeek. In 1883 word hy studiemeester en later onderwyser in Nederlands aan die Koninklijk athenaeum in Brussel. Aanvanklik werk hy as skrywer saam met sy swaer Isidoor Teirlinck, wat ook 'n onderwyser in Brussel was. Saam publiseer hulle in 1884 Arm Vlaanderen, 'n politieke roman oor die onderwysstryd tussen Belgiese Katolieke en liberales.

Vanaf 1886 het hy sy eie pad gevolg en van sy beste werk gelewer, waarvan Hard labeur (1904) die bekendste is. Stijns was die eerste naturalistiese skrywer van Vlaandere, maar sy werk is steeds beïnvloed deur die romantiek.

Bibliografie Arm Vlaanderen (1884) Schetsen en verhalen (1886) Broodnijd. Schetsen en verhalen II (1887) Ruwe liefde (1887) In de ton (1891) Klein leven (1893) Driften (1896) Hard labeur (1904)

Sien ook Vlaamse literatuur

Eksterne skakels

Reimond Stijns Reimond Stijns

Kategorie:Vlaamse skrywers Kategorie:Sterftes in 1905 Kategorie:Geboortes in 1850