duimnael|Julius Vuylsteke (deur Willem Steelink Jr. ) Julius Vuylsteke (10 November 1836, Gent - 16 Januarie 1903, Gent) was 'n Vlaamse liberale politikus en skrywer. Hy het sy loopbaan as advokaat begin, maar later 'n boekwinkel geopen. As liberale Vlaamse politikus stig hy die liberale vereniging 't zal wel gaan en speel hy 'n belangrike rol in die Vlaamse Beweging. Vuylsteke het kulturele samewerking tussen Vlaandere en Nederland bevorder. Hy het president geword van die Willemsfonds. Na sy politieke loopbaan het hy veral aandag gegee aan die geskiedenis van Vlaandere. In 1867 stig hy die Vlaamse weekblad Het Volksbelang, wat op 12 Januarie 1867 vir die eerste keer verskyn. In 1867 was Julius De Vigne een van die redakteurs saam met Julius Sabbe, Jozef Van Hoorde en Adolf Hoste.
Julius Vuylsteke het gedurende sy studentedae romantiese Vlaamse nasionalistiese gedigte geskryf wat gebundel is in Zwijgende liefde (1860) en Uit het studentenleven en andere gedichten (1868). Na sy dood is sy politieke essays en gedigte in 1903 gebundel in Klauwaard en Geus.
Eerbewyse 1900: Ridder in die Orde van Leopold. Laatste Nieuws (Het) 16-05-1900
Bibliografie Zwijgende liefde (1860) Le question flamande et le libéralisme (1861) Uit het studentenleven en andere gedichten (1868) Verzamelde gedichten (1881) Verzamelde prozastukken (1887–1891) Oorkondenboek van de stad Gent, dl. 1 (1900) Klauwaard en Geus (1905, postuum)
Sien ook Vlaamse literatuur
Verwysings
Bronnelys Julius Vuylsteke
Kategorie:Vlaamse skrywers Kategorie:Sterftes in 1903 Kategorie:Geboortes in 1836