Die Klein-Soutpansbergaalwyn (Aloe vogtsii) is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan Limpopo waar dit op of naby die kruin van die Soutpansberg voorkom, op 'n hoogte van 1400 tot 1700 m bo seevlak.
Die aalwyn is stamloos en word tot 70 cm hoog. Die plant blom van Februarie tot April en die blomme is rooi of donkerpienk. In Engels staan die aalwyn bekend as Vogt’s aloe.
Galery
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Wildflower nursery
vogtsii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika