Charles Mingus Jr. (22 April 1922 – 5 Januarie 1979) was 'n Amerikaanse jazzmusikant en -komponis. Hy het die kontrabas en klavier bespeel. Hy was 'n belangrike proponent van kollektiewe improvisasie en word as een van die grootste jazz musikante en -komponiste beskou,Sien die dokumentêre program uit 1998 getiteld Triumph of the Underdog met 'n loopbaan van meer as drie dekades lank. Hy het ook verskeie kere saam met ander jazzlegendes soos Louis Armstrong, Duke Ellington, Charlie Parker, Dizzy Gillespie, Dannie Richmond en Herbie Hancock gespeel.
Mingus se komposisies word steeds deur uiteenlopende groepe kontemporêre musici gespeel, soos die Mingus Big Band, Mingus Dynasty en Mingus Orchestra asook hoërskoolstudente wat aan die Charles Mingus High School Competition deelneem. In 1993 het die Biblioteek van die Amerikaanse Kongres Mingus se versamelde dokumente aangeskaf—wat bladmusiek, klankopnames, korrespondensie en fotos insluit—en welke hulle beskryf het as "the most important acquisition of a manuscript collection relating to jazz in the Library's history".
Diskografie
Filmografie 1959, Mingus het die grootste deel van die musiek voorsien vir John Cassavetes se rolprent wat in New York Stad afspeel getiteld Shadows (1959). 1961, Mingus verskyn as akteur in die Britste rolprent getiteld All Night Long (1961). 1968, Thomas Reichman het die dokumentêr Mingus: Charlie Mingus 1968 geregisseer. 1991, Ray Davies het 'n dokumentêr getiteld Weird Nightmare geproduseer. Dit bevat beeldmateriaal van Mingus en onderhoude met kunstenaars wat bygedra het tot Hal Willner se gelyknamige huldigingsalbum, insluitende Elvis Costello, Charlie Watts, Keith Richards en Vernon Reid. Charles Mingus: Triumph of the Underdog (78 minute) is 'n dokumentêre film oor Charles Mingus wat geregisseer is deur Don McGlynn en in 1998 vrygestel is.
Verwysings
Verdere leeswerk Coleman, Janet, and Young, Al. Mingus/Mingus: Two Memoirs. Limelight Editions (2004) Dyer, Geoff. But Beautiful: A Book About Jazz. Abacus (2006) pp. 103–127 Jenkins, Todd S. I Know What I Know: The Music of Charles Mingus, Praeger (2006) Mingus, Charles. Charles Mingus – More Than a Fake Book, Hal Leonard (1991) Mingus, Charles. Beneath the Underdog Mingus, Sue Graham. Tonight at Noon: A Love Story, Da Capo reprint (2003) Priestley, Brian. Mingus: A Critical Biography, Da Capo Press (1984) Santoro, Gene. Myself When I Am Real: The Life and Music of Charles Mingus, Oxford University Press (2001)
Eksterne skakels
"Charles Mingus" deur Nat Hentoff "Charles Mingus: Requiem for the Underdog" deur Alan Goldsher
Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 1979 Kategorie:Amerikaanse pianiste Kategorie:Amerikaanse komponiste