regs|duimnael|Thelonious Monk, 1961 regs|duimnael|Thelonious Monk, 1964 Thelonious Sphere Monk (, 10 Oktober 1917Robin Kelley (2010). Thelonious Monk: The Life and Times of American Original. Londen: JR Books. p. 1. The source identifies the day of Monk's fortieth birthday in 1957. - 17 Februarie 1982) was 'n Amerikaanse jazzpianis en -komponis. Hy het oor 'n unieke improvisatoriese styl beskik en verskeie werke bygedra tot die standaard repertorium van jazz, insluitende Round Midnight, Blue Monk, Straight, No Chaser, Ruby, My Dear, In Walked Bud, en Well, You Needn't. Na die werke van Duke Ellington is Monk se werke die tweede mees opgeneem.Giddins, Gary; DeVeaux, Scott (2009). Jazz. New York: W.W. Norton. .
Monk se komposisies en improvisasie bevat dissonansie en hoekige melodiese draaie en sluit aan by sy onortodokse benadering tot die klavier, wat perkussie gekombineer het met 'n abrupte, dramatiese gebruik van stiltes. Hierdie styl is nie algemeen bewonder nie; die digter en jazz kritikus Philip Larkin het neerhalend na hom verwys as "the elephant on the keyboard" .Larkin, P. All What Jazz: A Record Diary 1961-1971. Londen: Faber and Faber.
Monk was bekend om sy kenmerkende kleredrag, wat pakke, hoede en 'n donkerbril ingesluit het. Hy was ook bekend vir 'n idiosinkratiese gewoonte tydens opvoerings: terwyl ander musici voortgegaan het om te speel sou Monk stop, opstaan, en vir 'n paar oomblikke dans, voordat hy sou terugkeer na die klavier.
Monk is een van vyf jazzmusikante wat op die voorblad van die tydskrif Time gepryk het (die ander was Louis Armstrong, Dave Brubeck, Duke Ellington en Wynton Marsalis).Time voorblad , 28 Februarie 1964. Opgespoor op 22 Desember 2010.1&Ntt=jazz&x=23&y=10 Search of Time covers for "jazz". Opgespoor op 22 Desember 2010.
Diskografie
Verwysings
Bibliografie
Eksterne skakels
Amptelike webblad Gedenkblad Thelonious Monk se geboortesertifikaat Thelonious Monk by All About Jazz Not So Misterioso: Robert Christgau oor Monk
Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 1982 Kategorie:Amerikaanse komponiste Kategorie:Amerikaanse pianiste