Gérard Philipe (4 Desember 1922 – 25 November 1959) was 'n prominente Franse akteur wat verskyn het in 34 films tussen 1944 en 1959. Hy was betrokke in albei teater en film. Hy was tot sy ontydige dood, een van die belangrikste filmsterre van die na-oorlogse tydperk. Sy beeld het jeugdig en romanties gebly, wat hom een van die ikone van die Franse teater gemaak het.
Vroeë lewe duimnael|links|"Teater is 'n sosiale kwessie, soos alle artistieke vrae." (Aanhaling van Gérard Philipe op 'n pilaar van die Théâtre des Abbesses, Parys.) Gebore Gérard Albert Philip in Cannes in 'n ryk familie, hy was van 'n kwart Tsjeggiese afkoms van sy ouma aan moederskant. Sy vader, Marcel Philip (1893–1973), was 'n advokaat en sakeman in Cannes; sy moeder was Maria Elisa "Minou" Philip, née Vilette (1894–1970). Op raad van sy moeder, het Gérard in 1944 sy van verander van "Philip" na "Philipe".
As tiener het Philipe toneelspel geleer voordat hy na Parys gegaan het om daar te studeer aan die Conservatoire national supérieur d'art dramatique.
Verwysings
Eksterne skakels
Gérard Philipe op filmsdefrance.com Gérard Philipe op Film Reference 'n Aanhanger-webwerf
Kategorie:Franse akteurs