Die BMW B58 is 'n turboaangejaagde inlynsessilinder wat sedert 2015 vervaardig word. Die B58 het die N55 vervang en is in die F30 340i bekendgestel.

Die B58 maak deel uit van BMW se nuwe modulêre enjinfamilie, waar al die enjins 'n verplasing van 500 cc per silinder het, in opvolging van die B38- en B48-enjin.

Die B58-enjin is in 2016 aangewys as een van "Ward's 10 Best Engines" (geïnstalleer in die 340i), en weer in 2017 (M240i), 2019 (X5) en 2020 (M340i).

Die S58-enjin, wat vroeg in 2019 vrygestel is, is die hoëprestasie-weergawe van die B58.

Modelle Enjin Krag Wringkrag Jare B58B30M0 240 kW teen 5 500–6 500 opm 450 Nm teen 1 380–5 000 opm 2015– 250 kW teen 5 500 opm 500 Nm teen 1 520–4 500 opm 2016– 250 kW teen 5 500–6 500 opm 450 Nm teen 1 380–5 200 opm 2017– 265 kW teen 5 500–6 500 opm 500 Nm teen 1 520–4 800 opm 2016– B58B30M1 250 kW teen 5 000–6 500 opm 500 Nm teen 1 600–4 500 opm 2018– B58B30C 250 kW teen 5 000–6 500 opm B58B30O1 285 kW teen 5 000–6 500 opm S58B30T0 353 kW teen 6 250 opm 600 Nm teen 2 600–5 950 opm 2019– 375 kW teen 6 250 opm

Verwysings

BMW B58