The Dop Doctor, ook bekend as The Love Trail of The Terrier and the Child, is 'n Suid-Afrikaanse dramarolprent van 1915/16 geregisseer deur Fred Paul. Dit is gebaseer op die boek, The Dop Doctor, deur Clotilde Graves. Die rolprent beeld die beleg van Mafeking uit tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die verhaal van 'n weesmeisie wat lief is vir 'n soldaat, maar met 'n verbanne dokter getroud is.
Die rolprent is bekend omdat dit die eerste Suid-Afrikaanse rolprent was wat verbied of gesensor word. Die regering van premier Louis Botha het die rolprent verbied onder die Wet op die Verdediging van die Ryk, aangesien “die film die Boere verkeerdelik as verneukers en immoreel voorstel”.
Rolverdeling Fred Paul as Dr. Owen Saxham Agnes Glynne as Lynette Mildare Bertram Burleigh as Lord Beauvais Booth Conway as Abraham Bough Minna Grey as Moeder Superior
Verwysings
Eksterne skakels http://www.gutenberg.org/ebooks/27966 Die boek waarop die rolprent gebaseer is.
Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente