Blinkaar-boesmangras (Stipagrostis uniplumis) is 'n meerjarige grasspesie. Dit is die algemeenste van die Stipagrostis-spesies en kom voor in die droogste dele van Afrika, so ver soos die noorde van Senegal en Somalië.

Dit is nie 'n goeie weidingsgras nie weens taai blare, maar word bewei in droë streke waar dit kan oorheers. Die gras kan tot 90 cm hoog groei.

Verwysings

Kategorie:Grasse Kategorie:Stipagrostis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Botswana