duimnael|Pernath (1974) Hugues C. Pernath (skuilnaam van Hugo Wouters, gebore 15 Augustus 1931, Borgerhout – 4 Junie 1975, Borgerhout) was 'n Vlaamse skrywer. Hy het saam met Paul Snoek die avant-garde tydskrif Gard Sivik gestig, en was later 'n lid van die Pienk Digters. Die Hugues C. Pernath-prijs is vernoem na hom.

Sy werk neig na die pessimistiese, is emosioneel gelaai asook modern manieristies. Later wou hy hieruit kom; sy poësie het toe meer toeganklik en gestruktureerd geword.

Pernath was redakteur van die literêre tydskrifte Gard Sivik en Het Cahier. Hy het later hierdie redaksies verlaat om by die redaksie van die Nieuw Vlaams Tijdschrift aan te sluit.

Bibliografie Het uur Marat (1958) De adem ik (1960) Het masker man (1960) Soldatenbrieven (1961) Hedendaags (1963) Instrumentarium voor een winter (1963) Mijn gegeven woord (1966) De acht hoofdzonden (1970) Exodus (1970) Mijn tegenstem (1973)

Pryse 1961 - Arkprijs van het Vrije Woord 1968 - Poëzie-prijs van de provincie Antwerpen 1977 - Driejaarlijkse Staatsprijs voor Poëzie

Sien ook Vlaamse letterkunde

Bronne Hugues C. Pernath Fernand Auwera, ‘Hugues C. Pernath’ In: Schrijven of schieten. Onderhoude (1969)

Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 1975 Kategorie:Vlaamse skrywers