Ellen: Die storie van Ellen Pakkies is 'n Suid-Afrikaanse dramafilm, geregisseer deur Daryne Joshua. Op grond van ware gebeure vertel die film 'n verhaal van die verwoeste verhouding tussen 'n vrou en haar seun wat verslaaf is aan dwelmmiddels. Dit vertel ook van die reeks gebeure wat gelei het tot die moord op haar seun, asook die regsproses wat daarna gevolg het.
Rolverdeling Jarrid Geduld
Jill Levenberg
Elton Landrew
Clint Brink
Ilse Klink
Produksie Regisseur van die film, Daryne Joshua, het gesê dat hy nie die projek wou aanvaar nie, weens die sensitiwiteit van die verhaal. Maar na 'n persoonlike ontmoeting met Ellen Pakkies (die regte persoon op wie die titelkarakter gebaseer is), het hy besluit om voort te gaan met die projek.
Vrystelling Die film is op 7 September 2018 in Suid-Afrika vrygestel.
Ontvangs Kritiese ontvangs In sy resensie het Peter Feldman vir The Citizen die hoofkarakters, sowel as die draaiboek en produksie, geprys. Dit word beskryf as een van die beste films in Suid-Afrika in die afgelope tyd, en het 'n algehele gradering van 4/5 behaal. Net so het DRM.am dit 'n vierster-gradering gegee, met groot lof vir die onderliggende boodskap in die film. Hulle stel dat die film "... 'n voortdurende herinnering is aan hoe maklik iemand is om te oordeel sonder om die redes vir die feite te ken." Giles Grifin het namens die Life Righting Collective aangedui dat van die tema van die film toon hoe die gemeenskap versuim om persone wat by verslaafdes woon of selfs die verslaafde self voldoende te beskerm.Grifin, Giles (2018-10-01). "Film review: The Ellen Pakkies Story". Die Daily Maverick het voorgestel dat die uitvoering van die film so spesiaal was dat dit selfs buite Suid-Afrika gevier moes word. Dit het 'n uitstekende gradering van 8/10 gekry van Spling Movies, wat die "klankbaan, rou eerlikheid en belydenisdrama" van die film toegejuig het. Dit het ook lof ontvang vir die boodskap oor sosiale verantwoordelikheid en is aanbeveel as model vir ander films.
Toekennings Die film is vertoon tydens die internasionale filmfees in Rotterdam, sowel as die Seattle International Film Festival.Dit het drie pryse gewen, waaronder die kategorie vir beste aktrise, beste akteur en beste draaiboekskrywer op kykNET se Silwerskerm Fees.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente