Saskia de Coster (gebore in 1976) is 'n Vlaamse skryfster. Haar werk is reeds in verskeie letterkundige tydskrifte gepubliseer. Sy skryf ook draaiboeke en romans. De Coster is ook genoem as een van die ontluikende skrywers van die Vlaamse skrywerstoneel. Sy het met ingang April 2013 ses boeke gepubliseer.
Bibliografie De Coster is in 1976 gebore. Sy het reeds begin skryf toe sy twee jaar oud was. Toe sy elf jaar oud was het sy 'n nasionale kompetisie gewen en het sy die titel "Junior Joernalis" verwerf.
De Coster het tussen 1994 en 1998 Germaanse tale aan die Katolieke Universiteit van Leuven studeer en in 1998 'n meestersgraad in letterkunde aan dieselfde universiteit behaal.
Werk De Coster debuteer in 2000 met haar eerste boek getiteld Onder mekaar, 'n bundel donker verhale oor die verbrokkeling van 'n ongewone gesin. Onder mekaar verskyn in die Nieuw Wereldtijdschrift (NWT).
In 2002 het sy op 26-jarige ouderdom haar debuutroman, Vrije Val gepubliseer. Benewens romans skryf sy ook rubrieke (onder meer vir die Vlaamse koerant De Morgen). Sy is deel van die redaksie van Dietsche Warande en Belfort, 'n literêre tydskrif. Aan die einde van 2009 het sy vir Aaf Brandt Corstius as daaglikse rubriekskrywer vir die koerant nrc.next vervang.
De Coster is ook 'n visuele kunstenaar. Sy werk met videokuns, skryf vir teater en skryf ook lirieke vir musikante soos Daan Stuyven en Dez Mona. Sy werk gereeld saam met visuele kunstenaars soos die videokunstenaar Nicolas Rombouts, Eric Joris van CREW, en die kunstenaar Arne Quinze.
duimnael|Omslag van Wij en Ik
Ander interessanthede De Coster het die omslag van haar sesde roman, "Wij en ik", self ontwerp Sy het "Project 397" begin. Sedert haar sesde roman, "Wij en ik", wat 397 bladsye beslaan, het sy haar voorgeneem om eke dag slegs een bladsy daarvan te lees by 'n verskillende ligging as die vorige een. Hierdie videogrepe word aanlyn geplaas op haar YouTube kanaal.
Publikasies Vrije Val (2002) Bert Bakker Jeuk (2004) Bert Baker Eeuwige roem (2006) Uitgeverij Prometheus Held (2007) Uitgeverij Prometheus Dit is van Mij (2009) Uitgeverij Prometheus Wij en ik (Afrikaanse vrye vertaling: Ons en ek) (2013) Uitgeverij Prometheus
Erkenning Die tydskrif HUMO het haar gelys as een van die toptienskrywers onder 35 Sy is gekies as een van die tien beste skrywers onder 35 deur die tydskrif De Groene Amsterdammer Haar roman, Held, is genomineer vir die BNG Nuwe Literatuur-prys en het die 2007 Cutting Edge-prys vir die beste romanse gewen Dit is van mij was op die langlys geplaas vir die AKO Literatuurprijs en die Gouden Uil-prys
Sien ook Vlaamse letterkunde
Verwysings
Eksterne skakels
Saskia De Coster se YouTube kanaal "De Coster schreef vals opiniestuk" in De Standaard
Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Vlaamse skrywers