Differensiële rotasie is wanneer dele van ’n roterende voorwerp op verskillende breedtes en dieptes teen verskillende snelhede beweeg. Dit dui aan die voorwerp is nie solied nie. In vloeibare voorwerpe soos akkresieskywe lei dit tot afskuiwing.
Sterrestelsels en protosterre toon gewoonlik differensiële rotasie. Ander voorbeelde in die Sonnestelsel sluit in die Son, Jupiter en Saturnus wat vinniger by hulle ewenaar beweeg as by die pole. By die Son duur ’n omwenteling by die ewenaar 25,5 dae, terwyl dit by die pole meer as 36 dae duur.
Die oorsaak van differensiële rotasie is waarskynlik dat die hoekmoment as gevolg van termiese prosesse in die gebiede met die grootste radius gedruk word.
Nog leesstof Annu. Rev. Astron. Astrophys. 2003. 41:599–643 The Internal Rotation of the Sun David F. Gray, ''Stellar Photospheres; The Observations and Analysis of: 3de uitg., hoofstuk 8, Cambridge University Press, A. Reiners, J.H.M.M. Schmitt, (2002), On the feasibility of the detection of differential rotation in stellar absorption profiles, A&A 384 (1) 155–162
Skakels A simulation of the effects of differential rotation on stellar absorption-line profiles deur Ansgar Reiners An explanation of increased angular velocity at equatorial latitude due to overshoot of mass arriving from heated core
Kategorie:Astrofisika